Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Trekvoël Ross draf vir 6de Superspan uit

Die Suid-Afrikaanse trekvoël Ross Geldenhuys het verlede week stil-stil ’n verdere stukkie Superrugby-geskiedenis gemaak.

Ross Geldenhuys speel vanjaar vir die Chiefs Superrugby. Foto: Getty Images

Toe dié vaskopstut in die 59ste minuut van die Chiefs se kragmeting met die Crusaders as plaasvervanger op die veld gedraf het, was hy vir ’n sesde verskillende span in dié kompetisie in aksie.

Hy het verlede jaar, toe hy die eerste keer vir die Hurricanes diens gedoen het, reeds die rekord oortref vir die speler wat al vir die meeste Superspanne gespeel het.

Geldenhuys, wat Saterdag weer op die bank is vir die Chiefs se ontmoeting met die Sunwolves in Japan, het sy Superloopbaan in 2008 in die kleure van die Leeus begin.

Hy het daarna ook vir die Highlanders, Kings, Haaie en Hurricanes diens gedoen.

Nou bevind die 36-jarige Geldenhuys hom by die Chiefs in Hamilton.

Benewens sy Superrugby-omswerwinge het Geldenhuys in Suid-Afrika vir agt van die 14 provinsiale unies gespeel. Dit was die Grens-Bulldogs, Pumas, Goue Leeus, Boland-Kavaliers, Vrystaat-Cheetahs, Griffons, Oostelike Provinsie en Haaie.

Geldenhuys is nie die enigste veteraan-trekvoël wat vir die Chiefs teen die Sunwolves gaan speel nie.

Warren Gatland (hoofafrigter) het die oud-All Black-flank Adam Thomson in sy beginspan ingesluit. Die 37-jarige Thomson het sewe seisoene lank vir die Highlanders gespeel, waarna hy ook vir die Reds en Rebels uitgedraf het. Tussendeur het hy ook al vir verskeie Japannese klubs uitgedraf.

Geldenhuys is nie die enigste Suid-Afrikaner in die Chiefs se 23-tal nie. Dylan Nel, wat in Durban gebore is, is die agtsteman teen die Sunwolves. Dié 27-jarige losvoorspeler het in 2015 sy heil in Nieu-Seeland gaan soek nadat hy die oud-All Black Murray Mexted in Suid-Afrika ontmoet het.

Dylan Nel, wat in Durban gebore is en sedert 2015 in Nieu-Seeland woon, is een van Ross Geldenhuys se spanmaats by die Chiefs. Foto: Getty Images

* Met ’n naam soos Tiaan Falcon klink dit dalk of die Chiefs se plaasvervanger-losskakel ook Suid-Afrikaanse wortels het, maar hy kom inderwaarheid uit ’n bekende Nieu-Seelandse rugbyfamilie en sy pa, Gordon, het onder andere vir die Nieu-Seelandse Maori’s gespeel.

Chiefs: Damian McKenzie, Shaun Stevenson, Quinn Tupaea, Alex Nankivell, Solomon Alaimalo, Kaleb Trask, Brad Weber (k), Dylan Nel, Lachlan Boshier, Adam Thomson, Michael Allardice, Tyler Ardron, Atu Moli, Bradley Slater, Aidan Ross. PLAASVERVANGERS: Samisoni Taukei’aho, Ross Geldenhuys, Reuben O’Neill, Naitoa Ah Kuoi, Mitchell Brown, Te Toiroa Tahuriorangi, Tiaan Falcon, Orbyn Leger.

* Die Chiefs se stryd teen die Sunwolves skop Saterdagoggend om 05:45 (SA tyd) af.

  • Bronne: rugbypass.com; odt.co.nz; sport24.co.za

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Ross Geldenhuys  |  Superrugby  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.