Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Truie-blaps: ‘Kleurkaart’ kry skuld op Loftus

Sanzaar, die beheerliggaam van Superrugby, sê hy is teleurgesteld oor die truiefiasko wat Saterdag op Loftus Versfeld afgespeel het toe die Bulle teen die Highlanders kragte gemeet het.

Ruan Nortjé, slot van die Bulle, verseker besit vir sy span in ’n lynstaan teen die Highlanders. Die spanne se truie het tot groot verwarring in die eerste helfte gelei. Foto: Gallo Images

Daar is in die eerste helfte moeilik onderskeid getref tussen die spanne, met die besoekers wat in seegroen truie opgedraf het en die Bulle in lig- en donkerblou. Die ontwerp op die truie het boonop min kontras geskep.

Van die Bul-spelers het teen rustyd gesê hulle sukkel om hul spanmaats van die teenstanders te onderskei en daar is inderhaas ander truie by Loftus laat haal.

Die geel en wit truie waarmee die Bulle in die tweede helfte gespeel het, was aanvanklik bedoel vir die span se wegwedstryd op 21 Maart teen die Waratahs op Scully Park in West Tamworth. Die Bulle sal dan ook geel broeke dra.

Greg Thomas, woordvoerder van Sanzaar, sê hulle is bly dat die verwarring teen rustyd opgelos is en sal die voorval in oënskou neem om soortgelyke voorvalle in die toekoms te verhoed.

Die uitrustings wat spanne in elke wedstryd dra, word vooraf aan Sanzaar vir goedkeuring voorgelê. Daar word ’n “kleurkaart” van al die wedstryde gemaak en daarop het dit gelyk asof daar genoeg kontras tussen die spanne se truie is.

Sanzaar het nie aangedui op wie die onus was om voor die afskop in te gryp nie.

Die Bulle speel Saterdag in Brisbane teen die Reds met dieselfde trui. Die tuisspan sal in sy tradisionele maroentrui in aksie wees.

Daar was verlede seisoen vrae oor die wegtrui waarmee die Stormers op Loftus gespeel het.

Die ooreenkoms was dat Marvel se superheldtruie, soos vanjaar, in alle plaaslike derbies gedra sou word en die Bulle het in hulle Captain America-uitrustings gespeel.

Robbie Fleck, die Stormers se vorige hoofafrigter, het ná afloop van die wedstryd gesê hulle het op hul wegtruie (swart en geel) besluit.

Toe hy uitgevra is oor die besluit, het hy geantwoord: “Nee, dit is bemarking. Dit het niks met my te doen nie.”


Meer oor:  Highlanders  |  Bulle  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.