Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Tyd vir Tian om generaal op 10 te wees
Generaal Schoeman? Tian Schoeman het Saterdag op Loftus ’n gewigtige taak teen die Cheetahs in die Superrugby-reeks.Foto: Gallo Images

Met die Springbok Handré Pollard weer mank, is die onus nou op Tian Schoeman om Loftus Versfeld se talisman te wees.

Het jy Nollis Marais, die Bulle-breier, die afgelope week gevra wie sy waardevolste speler is, sou hy Pollard se naam waarskynlik eerste genoem het. Hy was nog ver van sy beste, maar daar was toenemend tekens van Pollard se begaafdheid.

Die Engelsman Paul Ackford het in die Wêreldbeker-toernooi in 2011 gesê Richie McCaw, die voormalige All Black-kaptein, wat met ’n voetbesering gespeel het, is beter op een been as wat die meeste spelers op twee is.

Min of meer dieselfde geld Pollard wat tot dusver met ’n knie gespeel het wat in ’n paar wedstryde swaar verbind is ná sy besering verlede seisoen.

Met die enkelbesering wat hy Donderdag opgedoen het, is dit nou gedane sake en die fokus verskuif na Schoeman. Maar hy is een van ’n paar losskakels in Suid-Afrikaanse rugby wat nog nie bo alle twyfel gewys het hulle hoort op die Superrugby-verhoog nie.

Maak geen fout nie, Schoeman is bekwaam. Maar kan hy ’n wedstrydwenner vir die Bulle wees?

Maak geen fout nie, Schoeman is bekwaam. Maar kan hy ’n wedstrydwenner vir die Bulle wees? In Superrugby het jy ’n nr. 10 nodig wat ’n kragmeting dikwels op sy kop kan keer.

Marais sê Schoeman kry ’n kans wat hy met alles moet aangryp.

“Ons speel volgende maand teen drie Nieu-Seelandse spanne. Dit gaan vir ons belangrik wees dat Tian beheer neem en met selfvertroue speel. Dit is ’n belangrike tyd in sy loopbaan.”

Niel Marais, sy direkte teenstander wanneer die Bulle Saterdag op Loftus die Cheetahs die stryd aansê, is self ’n losskakel wat nog nie heeltemal oortuig het hy is gekonfyt vir Superrugby nie. Marais was in 2016 loshande die keur onder die nr. 10’s in die Curriebeker-reeks en was briljant in die eindstryd, maar daar is kritici wat meen hy het sy plafon bereik.

Dit gaan vir ons belangrik wees dat Tian beheer neem en met selfvertroue speel. Dit is ’n belangrike tyd in sy loopbaan.
Nollis Marais

Franco Smith, die Cheetahs se afrigter, het ’n agterlyn gekies wat op een na – William Small-Smith op regtervleuel – dieselfde een is wat die Bulle in 2016 se Curriebeker-eindstryd flou gehardloop het.

Daar is genoeg op die spel. Albei spanne is in die Afrika 1-konferensie en het sover twee uit sewe wedstryde gewen.

Daar word nie veel getwyfel in die Bulle-kamp oor wat die Cheetahs in die mou voer nie. Hulle kom Pretoria toe om die bal met oorgawe punte toe te stuur, soos net die Vrystaters kan.

Die druk is op Schoeman om sy agterlyn met ewe veel behendigheid weg te stuur.

Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Piet van Zyl, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Lood de Jager, Jason Jenkins, Jacobie Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Pierre Schoeman. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Lizo Gqoboka, Martin Dreyer, RG Snyman, Jacques Potgieter, Rudy Paige, Francois Brummer, Franco Naudé.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Francois Venter (k), Nico Lee, Raymond Rhule, Niel Marais, Shaun Venter, Henco Venter, Oupa Mohoje, Paul Schoeman, Carl Wegner, Armandt Koster, Aranos Coetzee, Torsten van Jaarsveld, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Elandré Huggett, Ox Nche, Tom Botha, Francois Uys, Niell Jordaan, Uzair Cassiem, Tian Meyer, Fred Zeilinga.

Afskop: 17:15

Skeidsregter: Ben O’Keeffe

Assistent-skeidsregters: Angus Gardner, AJ Jacobs

TV-skeidsregter: Willie Vos

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.