Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Van Staden steeds buite werking

“Moenie daar by die beseerdes staan nie, netnou steek julle aan.”

Pote Human was Donderdagmiddag op Loftus se B-veld nie naby moedverloor se vlakte nie en het trouens dié kwinkslag oor die Bulle se beseringslys gemaak.

Marco van Staden is steeds nie beskikbaar vir die Bulle nie. Foto: Getty Images

Al beteken dit ook dat die span se Springbok-flank Marco van Staden nie volgende naweek in die Superreeks teen die Blues sy terugkeer sal kan maak nie.

Die Bulle-breier het gehoop dat Van Staden, wat in die voorseisoen harsingskudding opgedoen het, die komende Saterdag vir ’n Blou Bulle-uitnodigingspan teen ’n span van die Leeus op Ellispark sal kan speel.

Hoewel Van Staden Donderdag saam met die span geoefen het, het Human bevestig hy sal die klipharde baljagter nie kan oorweeg nie.

Die jong agtsteman Muller Uys is wel ingesluit nadat hy van ’n besering herstel het.

Die Bulle het vroeg in die kompetisie net twee erkende hakers in die groep oor met Johan Grobbelaar en Louis van der Westhuizen, wat albei enkelbeserings het.

Human het Donderdag bevestig dat Grobbelaar, wat sover in die Bulle se twee kragmetings teen die Haaie en die Stormers van die bank af begin het, die volgende agt weke uit aksie is.

Die vertonings van verskeie Bulle sal met groot belangstelling dopgehou word Saterdag.

Die Tongaan Nafi Tuitavake kry ’n eerste kans om Human te beïndruk.

Tuitavake is saam met die opwindende Dawid Kellerman as senterpaar gekies.

Vir Human sal die versoeking groot wees om aanvallende spelers soos Tuitavake, Manie Libbok en Embrose Papier in sy agterlyn te kies vir die ontmoeting met die Kiwi’s op Loftus Versfeld.

In die agttal kan die kaptein, Ruan Steenkamp, sy aanspraak met ’n goeie vertoning verstewig.

Blou Bulle-uitnodigingspan: Richard Kriel, Jade Stighling, Nafi Tuitavake, Dawid Kellerman, Gerswin Mouton, Chris Smith, Marco Jansen van Vuren, Muller Uys, Jaco Labuschagne, Ruan Steenkamp (k), Ewan Coetzee, Ryno Pieterse, Mornay Smith, Janco Uys, Kudzwai Dube. PLAASVERVANGERS: PJ Jacobs, Dewald Donald, Dayan van der Westhuizen, Ian Groenewald, Janko Swanepoel, Adré Smith, Carl Els, Keagan Johannes, Vaughen Isaacs, Diego Appollis, Marnus Potgieter.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby  |  Marco Van Staden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.