Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Van vrolik na olik: Dis rugby, sê Gelant
Warrick Gelant op Loftus se B-veld aan die oefen. Foto: Gallo Images

Dit is tipies Superrugby.

Dit is hoe Warrick Gelant, Springbok-heelagter van die Bulle, sy span se uiteenlopende vertonings in die eerste twee rondes van dié kompetisie beskryf.

Die Bulle het die afgelope naweek teleurgestel en met 12-27 teen die Jaguares in Buenos Aires verloor, nadat hulle ’n week vantevore die Stormers met oorgawe 40-3 op Loftus Versfeld afgeransel het.

Noem dit sommer die groot olikheid ná die vrolikheid.

“Ja, dit is Superrugby. Die een naweek werk alles goed uit en die volgende wedstryd is jy tweede beste.

Ja, dit is Superrugby. Die een naweek werk alles goed uit en die volgende wedstryd is jy tweede beste.
Warrick Gelant

“In die kompetisie moet jy vinnig kan aanbeweeg en aanpas, wen of verloor.

“Dit gaan ’n uitdaging vir ons wees nadat die Leeus die Jaguares daar geklop het, maar dit is wat ons moet doen,” sê Gelant.

“Baie van die spanne wat die naweek gewen het, het verlede naweek verloor.

“Die Jaguares het op hul tuisveld verloor en die Stormers hier teen ons. Die Leeus het nou teen die Stormers verloor en dit sal hulle nuwe motivering gee.

“Die Leeus is ’n span wat die laaste paar seisoene in die eindstryd gespeel het en ons moet hulle die respek gee wat hulle toekom.”

Soos vanjaar het die Bulle ook 2018 se Superreeks met ’n yslike spoed begin deur die Hurricanes op Loftus af te ransel – net om daarna te stotter tot die algehele 12de plek.

Loop die Spook van 2018 nou reeds daar in Pretoria rond?

“Nie waarvan ek weet nie,” antwoord Gelant. “Hopelik kan ons Saterdag wys dit (die loesing in Argentinië) was ’n eenmalige insinking. Dit is ’n lang seisoen en jy moet oor 18 rondes goeie rugby kan speel.

Cornal Hendricks, regtervleuel van die Bulle, word deur twee Jaguares in sy spore gestuit in die spanne se Superrugby-ontmoeting in Buenos Aires. Foto: Getty Images

“Die Jaguares het gewys dat enige span geklop kan word, ongeag wat in die vorige wedstryd gebeur het.”

Gelant sê hy geniet dit om saam met Rosko Specman en Cornal Hendricks die agterste drie te vorm.

“Cornal is ’n voorbeeld vir ons almal. Die groot honger wat hy steeds het om te speel is ongelooflik. Dit maak ons jonger ouens opgewonde om saam met hom te speel.”

Pote Human, die Bulle-breier, sal na verwagting Woensdag die 23-jarige Eli Snyman in die kaptein, Lood de Jager, se plek aanwys.

De Jager het ’n skouerbesering teen die Argentyne opgedoen en die losskakel Handré Pollard sal die span Saterdag in Johannesburg aanvoer.

Gelant sê daar is groot vertroue in almal in die groep, al het Snyman groot skoene om vol te staan.

“Lood is ons kaptein en hy sal beslis ’n leemte laat. Die volgende ou kry nou sy kans en moet dit aangryp.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Warrick Gelant  |  Pretoria  |  Jaguares  |  Bulle  |  Superrugby  |  Heelagter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.