Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Verswakte Hurricanes troef Blues

Die Hurricanes het Saterdag in Wellington hul 12de oorwinning van die seisoen behaal, ’n beter wenrekord as die Crusaders in vanjaar se Superrugbyreeks.

Die senter Peter Umaga-Jensen het Saterdag twee keer vir die Hurricanes agter die doellyn gaan kuier. Foto: Getty Images

Die tuisspan het ’n agterstand van 19 punte uitgewis om die Blues met 29-24 te klop.

Die Hurricanes, met nege veranderinge aan die span wat verlede week met die Leeus in Johannesburg afgereken het, het die voortou vir die eerste keer in die 64ste minuut geneem, terwyl die Blues nie ’n enkele punt in die tweede helfte kon aanteken nie.

Die Hurricanes speel volgende week gasheer in een van die reeks se kwarteindwedstryde, maar moet wag tot ná die laaste wedstryd van die dag om uit te vind wie hul teenstanders gaan wees.

Die kragmeting tussen die Bulle en die Leeus in Pretoria sal bepaal wie na Nieu-Seeland reis om die Hurricanes te pak.

* Puntemakers:

Hurricanes 29 (5)Drieë: Peter Umaga-Jensen (2), Fletcher Smith, Isaia Walker-Leawere. Doelskop: Jackson Garden-Bachop (3). Strafdoel: Garden-Bachop.

Blues 24 (24)Drieë: Taniela Tele’a, Caleb Clarke, Melani Nanai. Doelskoppe: Otere Black (3). Strafdoel: Black.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Blues  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.