Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Vet spat soos Stormers in Kaap oefen
Paul FeeneyFoto: GALLO IMAGES

Die Stormers oefen dat die vetrolle waai.

Volgens Steph du Toit, die Kaapse Superrugby-span se fiksheids- en kondisioneringsafrigter, verg dit lang dae en ’n hoë werkslading om die spelers in die verlangde fisieke toestand te kry.

“Ons plaas die klem op vaart en om dít te bekom moet spelers tot op die been gesny word. Hulle moet gewig en velplooidikte verloor. Ons wil hê spelers moet ná kontak weer vinnig kan hardloop,” sê Du Toit.

Sy werk gaan hand aan hand met dié van Paul Feeney, die Nieu-Seelander wat betrek is om die Stormers se vaardigheidsvlakke te verskerp.

Volgens Feeney is dit van kritieke belang dat spelers vinnig terug op hul voete kan kom – iets wat van hulle verg om topfiks te wees.

“Jy moet binne drie sekondes op jou voete kom, want die ideaal is om 14 spelers op hul voete hê op die verdediging en een in die losskrum. As daar twee op die grond is en een by die losskrum, gaan jy sukkel om vinnig op te skiet,” sê hy.

“Dit gaan daaroor om vinnig op te staan sodat jy jou rol op die verdediging of aanval kan vervul.”

Feeney meen die Stormers sal deur herhaling op die oefenveld hul doelwit kan bereik om hul vaardighede te verbeter.

“Als hang maar net af van waar jou klem is in jou oefeninge. Jy kan al die strukture in die wêreld hê, maar dit help nie as jou vaardighede nie goed genoeg is om dinge akkuraat te kan uitvoer nie,” sê hy.

“Jy moet die regte balans hê tussen organisasie en uitvoering van jou vaardighede. Of dit nou jou organisasie op die verdediging is, ’n oorslaanaangee of kommunikasie oor waar die ruimte is. Robbie voel ons kan baie vordering daar maak.”

Die Stormers het Saterdag in die opwarmwedstryd teen die Cheetahs in Harare ’n geleentheid om te sien of al die oefening in die voorseisoen vrugte gaan afwerp.

Intussen is die voormalige SA o.20-stut Caylib Oosthuizen, wat aan die SWD-Arende gekontrakteer is, in die Stormers se uitgebreide oefengroep.

“Caylib kom van ons franchise-vennoot, die SWD, af en ons sal altyd eerste binne ons eie strukture vir spelers soek voordat ons na buite kyk. Hy’s ’n stut met Superrugby-ervaring, so hy sal diepte aan ons groep gee,” sê die WP se direkteur van rugby, Gert Smal.

Meer oor:  Stormers  |  Paul Feeney
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.