Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
McKenzie gereed vir Superrugby

Die veelsydige agterspeler Damian McKenzie herstel goed van sy kniebesering.

Damian McKenzie het herstel na sy knie-operasie en sal vir die Chiefs in die Superreeks kan uitdraf. Foto: Getty Images

Volgens Tabai Matson, ’n hulp-afrigter van die Chiefs, kan hy sy terugkeer in ’n wedstryd op 31 Januarie vir die Chiefs teen die Blues maak.

Die 24-jarige McKenzie het sy knie in April teen die einste Blues beseer.

Dié besering het hom uit die All Black-span vir die Wêreldbekertoernooi in Japan gehou.

“Hy hardloop en sal duikslae uitvoer in Desember en sal beskikbaar wees vir die begin van die Super-reeks,’’ het Matson aan Nieu-Seeland se Radio Sport gesê.

“Dis opwindend om ’n speler van daardie formaat, ’n speler van wêreldgehalte, terug te hê. Dis wonderlike nuus vir hom, vir ons en vir Nieu-Seeland Rugby.

“Hy is al vir ’n lang tyd een van ons bestes. Dit maak ’n mens bang dat hy nog soveel het om te bied.”

McKenzie se terugkeer is welkome nuus vir die voormalige Walliese breier Warren Gatland, wat vir die volgende vier jaar die Chiefs sal afrig.

– Reuters

Meer oor:  Damian Mckenzie  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.