Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Wallaby-tiener se Superreeks kortgeknip
Jordan Petaia gaan nie weer vanjaar vir die Reds in aksie gesien word nie. Foto: Getty Images

Een van die blinkste jong sterre in Australiese rugby is ’n tweede agtereenvolgende jaar deur ’n langtermynbesering uit die Superrugby-reeks geskouer.

Die 19-jarige Reds-senter Jordan Petaia het verlede week ’n ernstige skouerbesering in sy span se Superrugby-stryd teen die Jaguares opgedoen en sal na verwagting die volgende vyf maande op die kantlyn wees, berig rugby.com.au.

Dit beteken dié Wallaby, wat in 2019 sy land in die Wêreldbeker-toernooi in Japan verteenwoordig het, sal ook nie vir Australië se tuistoetsreeks teen Ierland in Julie oorweeg kan word nie.

Petaia se Superrugby-seisoen het verlede jaar ook ná slegs twee wedstryde tot ’n einde gekom. Tóé het ’n voetbesering hom lank op die kantlyn gehou. – Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Besering  |  Wallabies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.