Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Wallaby wil graag SA se rug sien

Die jong Wallaby-ster Jack Maddocks glo die eindfluitjie het geblaas vir Superrugby soos ons dit ken en sê hy sou die weglating van Suid-Afrika en Argentinië uit die reeks verwelkom.

Jack Maddocks, wat Superrugby speel vir die Waratahs, het die Wallabies in sewe toetse verteenwoordig. Foto: Getty Images

Maddocks gee ook nie om as Australië voortaan alleen moet meeding nie, maar hou vol dit is tyd vir verandering.

PlanetRugby berig die 23-jarige buiteagterspeler sê die beleërde Aussie-spel moet sy aanhangers terugwen, maar dit sal nie gebeur as sy Waratahs of die Brumbies, Reds en Rebels in die middel van die aand speel nie.

“Ek dink dit is taamlik duidelik dat dit nie soos voorheen ’n wêreldwye kompetisie met Suid-Afrika en Argentinië en al daai sal wees nie en, vanuit my oogpunt, is dit welkom,” sê Maddocks.

“Eerstens, wat betref die uitdagings van lang reise en tydsones, ek dink dit is belangrik dat ons teen spanne in ons eie tydsone speel. Dit sal dit makliker maak vir mense om ons te volg en op die hoogte te bly en vir aanhangers om betrokke te voel.”

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) het verlede week planne bekend gemaak om Suid-Afrika en Argentinië weg te laat uit volgende jaar se Superrugbyreeks. Die NZR se beplande vernuwing van die toernooi sal deur die Kiwi’s se vyf bestaande franchises beslis word, minstens een span uit die Suidsee-Eilande en twee of drie uit Australië.

“Daar is mense wat baie slimmer as ek is wat hierdie besluite neem en daar is so baie wat in berekening gebring moet word, maar vanuit my oogpunt – Australië en Nieu-Seeland of geen Nieu-Seeland nie – ek dink solank ons in die regte tydsone is en goeie rugby speel, is dit al wat saakmaak,” sê Maddocks.

“Ek kan dit vergelyk met my ervaring met die Engelse Premierliga. Ek dit graag gevolg toe ek 18, 19, 20 jaar oud was en ek het altyd 03:00 opgestaan om al die wedstryde te kyk.

“Noudat ek ’n regte werk het kan ek dit net nie meer doen nie, so ek vind dat ek dit nie meer so geesdriftig volg soos voorheen nie.

“Ja, so ek was al self daar as ’n aanhanger en ek ken die gevoel. Dit was nie dieselfde sportsoort nie, maar die konsep is dieselfde.

“Daarom dink ek dit is regtig belangrik dat die wedstryde mense in dieselfde tydsone betrek.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Superrugby Au  |  Aotearoa-­Reeks  |  Wallabies  |  Superrugby  |  Aotearoa  |  Waratahs  |  Jack Maddocks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.