Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Walt (24) trek agter White aan Loftus toe

Walt Steenkamp word deur Jake White as ’n oplossing vir die Bulle se slotprobleme beskou.

Dié 24-jarige oud-Puk het uit minstens vyf plaaslike en oorsese opsies die afgelope week besluit om hom by die Bulle aan te sluit.

BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - OCTOBER 27:  Walt Ste
Walt Steenkamp het besluit om hom by die Bulle aan te sluit. Foto: Gallo Images

Hy gaan egter nie net soontoe om die leemte te vul wat Lood de Jager en RG Snyman gelaat het nie, maar in die hoop dat hy sy potensiaal onder White kan verwesenlik om eendag ’n Bok te word.

Die storie loop juis in Pretoria dat White slegs Bokke of toekomstige Bokke kontrakteer, met die Bulle as Steenkamp se nuwe rugbytuiste wat daarop dui dat hy in dié kategorie val.

Steenkamp speel van 2018 af vir die Cheetahs nadat hy dieselfde jaar as die Varsitybekerreeks se Speler van die Jaar aangewys is.

Dié reus van 2,03 m en 119 kg het hom in Bloemfontein as een van die land se voorste slotte gevestig.

Loftus is bekend as die Bokke se slotfabriek wat spelers soos Frik du Preez, Moaner van Heerden, Adolf Malan, Drikus Hattingh, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Juandré Kruger, Flip van der Merwe en Victor Matfield opgelewer het.

Walt Steenkamp
Walt Steenkamp speel van 2018 af vir die Cheetahs.

De Jager en Snyman het nog verlede jaar die Bulle se slotkombinasie gevorm voordat hulle na onderskeidelik Sale Sharks en Munster aanbeweeg het. Hulle het ’n yslike leemte met hul vertrek gelaat.

White kyk in die rigting van slotte soos Steenkamp, Sintu Manjezi (25 jaar, 1,98 m en 114 kg) en Ruan Nortjé (21, 2 m en 113 kg) om daardie leemte vorentoe te vul.

Eli Snyman (24, 2,01 m en 111 kg) se naam word ook genoem, maar dit lyk onwaarskynlik dat hy deur sy Italiaanse klubspan, Treviso, vrygestel sal word.

Die moontlikheid bestaan wel nog dat Jason Jenkins vir vanjaar se Curriebekerreeks vir die Bulle beskikbaar kan wees.

Sy beskikbaarheid sal afhang van die Curriebeker se presiese datums, aangesien hy nog deur die Japanse klubspan Toyota Verblitz gekontrakteer is.

Meer oor:  Jake White  |  Bulle  |  Superrugby  |  Walt Steenkamp  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.