Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Waratahs hernieu Gibson se kontrak

Daryl Gibson, hoofafrigter van die Nieu-Suid-Wallis Waratahs, het sy kontrak met die Superrugby-franchise met ’n jaar verleng tot aan die einde van 2019.

Daryl Gibson / Foto: Getty Images

Die Waratahs het die uitspeelrondes in die Kiwi se eerste twee jaar aan die stuur misgeloop en in 2017 16de geëindig, voordat hulle vanjaar in ’n halfeindstryd teen die Leeus meegeding het.

“Ek is baie trots op hoe hierdie span ontwikkel en verbeter het die afgelope 12 maande,” sê die voormalige All Black-senter.

“Ons het nog nie ons doelwit bereik nie, maar is opgewonde vir wat voorlê.”

Michael Cheika, die Wallabies se afrigter, het die Waratahs gebrei toe die span van Sydney sy eerste Superrugbytitel in 2014 verower het. Hulle het daarna in 2015 die halfeindstryd gehaal voordat Cheika die leisels aan Gibson toevertrou het.

Daar lê nog baie werk voor vir die Kiwi om die rugbypubliek in Sydney ten volle agter ’n wisselvallige span te skaar. Die Waratahs, gelaai met Wallabies, het vanjaar oomblikke van briljantheid met swak vertonings opgevolg.

Gibson het sy afrigtingspan met die dienste van Chris Whitaker vir volgende jaar versterk. Die voormalige Wallaby-skrumskakel verlaat die Franse klub Montauban om terug te keer na Sydney.

– Reuters

Meer oor:  Daryl Gibson  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.