Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Waratahs rus hul Wallabies teen Kiwi's

Die Waratahs het hoop opgegee om ’n plek in die Superreeks se kwarteindronde te verseker en gee vyf Wallabies ’n ruskans wanneer hulle Vrydag in Dunedin met die Highlanders kragte meet.

Die Waratahs sal Vrydag sonder die kaptein, Michael Hooper, en vier ander Wallabies teen die Highlanders moet klaarkom. Foto: Getty Images

Die Wallaby-kaptein, Michael Hooper (flank), Sekope Kepu (stut), Rob Simmons (slot), Bernard Foley (losskakel) en Kurtley Beale (veelsydige agterspeler) sal in Sydney agterbly, op versoek van die nasionale afrigter, Michael Cheika.

Die Waratahs, die kampioenspan in 2014, moet die Highlanders oortuigend klop en hoop ’n paar ander uitslae het ’n gunstige uitslag vir hulle om onder die voorste agt spanne te eindig.

Daryl Gibson, die ’Tahs se afrigter, het verlede week gesê hy kan nie waarborg dat Hooper-hulle ’n blaaskans sal kry teen die Highlanders nie.

Alles het verander ná die Waratahs se tuisnederlaag teen die Brumbies Saterdag.

Die Highlanders (31) is een punt voor die Waratahs op die algehele puntelys en moet met ’n bonuspunt wen, maar is selfs dan nie seker van ’n uitspeelplek nie. – Reuters

Meer oor:  Highlanders  |  Wallabies  |  Superrugby-Reeks  |  Dunedin  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.