Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Waratahs se gepoer-poer bekommer

Rugby Australië is glo so bekommerd oor die swak vertonings van die Waratahs dat hy gevra het dat die nasionale direkteur van rugby, Scott Johnson, by dié franchise moet ingryp.

Die Sydney Morning Herald berig dat Johnson reeds Woensdag ’n draai by die Waratahs se oefening gemaak het om ’n handjie by te sit.

Johnson het sy teenwoordigheid afgemaak as “niks buitengewoons nie” en het gesê hy sal enige van die Australiese franchises help waar hy kan.

Scott Johnson moet help om die Waratahs weer op die wenpad te probeer kry. Foto: Getty Images

Vroeër in die week het bestuurslede van die Waratahs egter ook met twee voormalige Wallabies, Matt Burke en Richard Harry, vergader oor die probleme wat die franchise tans ondervind.

Daar is tans nog nie planne om die beleërde afrigter, Rob Penney, te vervang nie.

Die Waratahs het sy eerste twee wedstryde in die huidige Super Rugby AU-reeks sleg verloor.

Verlede week het die span darem beter vertoon, maar steeds verloor, teen die Western Force.

Die Waratahs het hierdie week ’n blaaskans en kry dus nog ’n bietjie tyd om vir hul volgende wedstryd, op 19 Maart teen die Rebels, voor te berei.

• Die Rebels en die Force pak mekaar intussen Vrydagoggend (SA tyd) in Perth in wat ’n opwindende kragmeting kan wees.

Die Force was genoodsaak om twee veranderinge te maak met die flank Tim Anstee en die vleuel Toni Pulu wat beseer is.

Ryan McCauley sal nou slot speel met Fergus Lee-Warner wat van slot in Anstee se plek flank toe skuif. Marcel Brache kry op vleuel ’n kans in Pulu se plek.

TV: Van 11:40 op DStv se Rugby-kanaal (211).

• In nog ’n wedstryd in die Australiese reeks kom die Brumbies en die Reds Saterdag in Canberra teen mekaar te staan.

• Daar is ook hierdie naweek twee wedstryde in Nieu-Seeland se Super Rugby Aotearoa-reeks op die program.

Die Crusaders en die Chiefs speel Saterdag in Christchurch teen mekaar en Sondag is dit die Blues teen die Highlanders se beurt in Auckland.

Meer oor:  Rugby Australië  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.