Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Waratahs tem mak Leeus in Sydney

Die Leeus se Australasiese Superrugby-toer het Vrydag op ’n vals noot begin toe die Waratahs hulle in Sydney met 29-17 geklop het.

Met dié sege het die Australiese ligbloues hul eerste oorwinning van die seisoen behaal, terwyl die Leeus ’n derde keer in vier kragmetings vasgeval het.

Kurtley Beale probeer deur die verdediging van Tyrone Green bars in Vrydag se Superrugby-stryd in Sydney. Die Waratahs het die Leeus met 29-17 geklop. Foto: Getty Images

Die Waratahs het teen ’n haastige pas begin en sommer al twee drieë in die eerste tien minute gedruk.

Reeds binne daardie eerste tien minute het die Leeus-slot Ruben Schoeman in die koelkas beland deurdat hy ’n vuishou gemik het na Rob Simmons, die Waratahs-kaptein.

Met Schoeman in die koelkas, het die tuisspan twee drieë gedruk.

Die Leeus het ook hul enigste drie van die eerste helfte gedruk met die Waratahs wat net met 14 spelers moes klaarkom toe Lachlon Swinton gestraf is vir ’n skouerloop op Elton Jantjies.

Nadat dit in die eerste 20 minute van die wedstryd gelyk het of die Leeus nog in die kleedkamer was, met die Waratahs wat ’n gerieflike voorsprong met 19 punte opgebou het, het die besoekers stelselmatig teruggekom in die wedstryd.

Dit was ook maar grootliks danksy daaraan dat die Waratahs se stoom begin opraak het en hulle nie meer so effektief was soos in die begin nie.

Tog kon die Leeus nie behoorlik voordeel daaruit trek nie en het heeltemal te veel foute begaan en was ook glad nie doeltreffend op die aanval nie.

Dit was uiteindelik maar net die Waratahs se swak stelskopwerk, met ’n handvol pogings pale toe wat windskeef was, wat die Leeus so half in die prentjie gehou het.

* Puntemakers:

Waratahs 29 (19): Drieë: Angus Bell, Lachlan Swinton, Jack Dempsey, James Ramm, Tetera Faulkner. Doelskoppe: Will Harrison (2).

Leeus 17 (10): Drieë: Marnus Schoeman (2). Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoel: Jantjies.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.