Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Waratahs wil ongewenste rekord vermy
Rob Simmons, kaptein van die Waratahs, rank hoog om ’n lynstaanbal teen die Rebels te bemeester. Simmons se span het sy eerste drie wedstryde in vanjaar se Superrugby-reeks verloor, maar sal die bordjies teen die Leeus wil verhang. Foto: Getty Images

Die Waratahs poog Vrydag om ’n ongewenste rekord te vermy in hul Superrugby-wedstryd in Sydney teen die Leeus.

Val hulle vas teen die Leeus, sal die Waratahs maar slegs die tweede Australiese span word wat sy eerste vier wedstryde in ’n Super-seisoen verloor het.

Die ander Aussie-span met daardie klad op sy naam, is die Melbourne Rebels.

Vir die span van Sydney was dit tot dusver ’n frustrerende seisoen met nederlae teen spanne soos die Blues en die Rebels. Dit is spanne wat hulle in vorige seisoen nie veel moeite gehad het om te klop nie.

Nou wag die Leeus op hulle. In vorige jare het die Waratahs ook ’n baie goeie tuisrekord teen die span van Johannesburg gehad, maar die laaste keer wat hulle twee jaar gelede in Sydney slaags was, het die Leeus met 29-0 gewen.

Die Leeus het ook die laaste vyf wedstryde tussen hierdie spanne, waarvan vier op Ellispark was, gewen en al is hul peil ook nie waffers nie, sal hulle vol selfvertroue op die veld draf.

Met net ’n handvol spelers in hul groep wat twee jaar gelede deel van die groot sege in Sydney was, is die Leeus ook in ’n herbouproses en kan dit nie sommer net as vanselfsprekend aanvaar word dat hulle as oorwinnaars van die veld sal stap nie.

Daar is egter nie sommer ’n beter tyd om die Waratahs op hul tuisveld te pak as nou nie.

Daar blyk heelwat probleme in die span van Sydney te wees en daar word gesê dat die Israel Folau-sage soos klitsgras aan hulle klou.

Daar blyk heelwat probleme in die span van Sydney te wees en daar word gesê dat die Israel Folau-sage soos klitsgras aan hulle klou.

Michael Hooper (Wallaby-kaptein) en Rob Simmons (Waratahs-kaptein) sal hul manne bymekaar moet hou om hulle uit die diep gat te lig waarin hulle nou is.

Die voorspelling is vir droë toestande, wat aanvallende rugby sal bevorder en albei spanne sal dus daarop ingestel wees om die teenstanders se kwesbare verdediging uit te buit.

* Die Waratahs-skrumskakel Jake Gordon sal Vrydag in sy 50ste wedstryd vir die Nieu-Suid-Walliesers uitdraf.

Die spanne is:

Waratahs: Kurtley Beale, Mark Nawaqanitawase, Alex Newsome, Karmichael Hunt, Jack Maddocks, Will Harrison, Jake Gordon, Jack Dempsey, Michael Hooper, Lachlan Swinton, Rob Simmons (k), Tom Staniforth, Harry Johnson-Holmes, Robbie Abel, Angus Bell. PLAASVERVANGERS: Damien Fitzpatrick, Tom Robertson, Tetera Faulkner, Ryan McCauley, Jed Holloway, Mitch Short, Lalkey Foketti, James Ramm.

Leeus: Andries Coetzee, Tyrone Green, Manuel Rass, Dan Kriel, Jamba Ulengo, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts, Hacjivah Dayimani, Morné van den Berg, Wandisile Similane.

Skeidsregter: Angus Gardner.

Assistent-skeidsregters: Jordan Way, James Quinn.

TV-skeidsregter: Ian Smith.

Afskop: 10:15 (SS 1, GDN).

 

Meer oor:  Rob Simmons  |  Sydney  |  Johannesburg  |  Leeus  |  Superrugby  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.