Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Week 8: Netwerk24 se Super-XV-tal

Die Wedstryd van die Naweek in die agtste ronde van die Superrugby-reeks was ongetwyfeld die stryd tussen die Stormers en die Leeus op Nuweland. Die Leeus het dié stryd oorheers, en spelers uit dié span oorheers ook ons Span van die Week.

Jesse Kriel / Foto: Getty Images
Makazole Mapimpi / Foto: Gallo Images
Raymond Rhule / Foto: Gallo Images

15. Jesse Kriel (Bulle)

Kriel breek die lyn gereeld teen die Jaguares en wys dat hy steeds oor die aanvallende vermoëns beskik wat van hom in 2015 een van die Bokke se skerpste angels gemaak het.

14. Makazole Mapimpi (Kings)

Dié vleuel het nog baie Superrugby in sy lyf. Hy druk twee goeie drieë teen die Reds en sy vaart en hardloopvaardighede is indrukwekkend.

13. EW Viljoen (Stormers)

Viljoen se werkverrigting was uitstekend teen die Leeus. Hy het veral in die tweede helfte gereeld die bal in kanale baie nader aan die afbreekpunte as sy eie, gedra.

EW Viljoen / Foto: Gallo Images
Harold Vorster / Foto: Jaco Marais

12. Harold Vorster (Leeus)

Vorster swaai die wedstryd teen die Stormers met ’n uitstekende drie nadat hy vroeg die Springbok Rohan Janse van Rensburg moes vervang.

11. Raymond Rhule (Cheetahs)

Dit raak nou al amper ’n cliché, maar Rhule is die beste vleuel in die land. Hy lewer weer uithalerspel teen die Chiefs en dit is veral sy aggressiewe verdediging wat beïndruk.

10. Elton Jantjies (Leeus)

Jantjies beheer die wedstryd goed teen die Stormers. Met sy skopwerk pale toe en uit die hand uit, makeer daar ook min.

Elton Jantjies / Foto: Gallo Images
Ross Cronje / Foto: Jaco Marais

9. Ross Cronjé (Leeus)

Hy is dalk nie die mees opwindende skrumskakel in die reeks nie, maar takties is daar min wat beter as dié buksie is. Van sy aangeë laat ’n mens terugdink aan Fourie du Preez.

Warren Whiteley / Foto: Gallo Images
Ruan Ackermann / Foto: Jaco Marais
Jaco Kriel / Foto: Gallo Images

8. Warren Whiteley (Leeus)

Hy lei met voorbeeld teen die Stormers. Whiteley werk bitter hard in die loopgrawe en hy dra die bal sterk.

7. Ruan Ackermann (Leeus)

Ackermann is deel van ’n lostrio, en agttal, wat die Stormers s’n oorheers. Hy skrik so nou en dan wanneer Eben Etzebeth hom (onnodig) gryp, maar staan nie terug vir konfrontasie nie.

6. Jaco Kriel (Leeus)

Ongeag sy geelkaart speel hy ’n barshou teen die Stormers. Hy druk self ’n drie en sy “sagte” hande skep ’n drie vir Sylvian Mahuza.

5. Franco Mostert (Leeus)

As ’n mens vir Mostert in drie woorde moes opsom: Werkesel, werkesel, werkesel. Die hart van die Leeus se oorwinning.

Franco Mostert / Foto: Gallo Images
Lood de Jager / Foto: Gallo Images

4. Lood de Jager (Bulle)

De Jager speel sy beste wedstryd tot dusver vanjaar teen die Jaguares. Hy dra die bal gereeld en sterk en met sy lynstaanspel skort daar niks.

3. Trevor Nyakane (Bulle)

Nyakane steel drie balle op die grond teen die Jaguares. Hy voer ook die meeste duikslae van al die Bulle uit en skrum sterk.

Trevor Nyakane / Foto: Gallo Images
Malcolm Marx / Foto: Gallo Images
Pierre Schoeman / Foto: Gallo Images

2. Malcolm Marx (Leeus)

Die een aspek van Marx se spel wat gereeld in die spervuur is – sy lynstaan-ingooie – was puik teen die Stormers. Verder is hy sy gewone verwoestende self in die vastelos.

1. Pierre Schoeman (Bulle)

Dié voorryman het ’n blink toekoms. Hy dra die bal gereeld en met oorgawe en skrum ook sterk teen ’n internasionale voorry.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Super-Xv-Tal  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.