Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Wen, en die toeskouers kom terug

Wenrugby. Dít is die enigste manier hoe die Brumbies se toekoms verseker kan word, sê Dan McKellar, die span se hoofafrigter.

Sy reaksie kom nadat die Brumbies se rugbybase verlede week gewaarsku het die span kan “ophou bestaan” as daar nie in die afsienbare toekoms aansienlik meer ondersteuners die span se tuiswedstryde bywoon nie.

Dan McKellar, die Brumbies se hoofafrigter. Foto: Getty Images

Slegs 5 283 toeskouers is deur die Canberra-stadion se hekke toe hulle teen die Melbourne Rebels in hul vorige tuiswedstryd in die Superreeks gespeel het.

McKellar sê toeskouergetalle is die alfa en omega vir enige beroepspan.

“Dit is uit ’n kommersiële oogpunt van groot belang. Daar moet ondersteuners deur jou hekke kom om finansieel lewensvatbaar te bly.

“Ek glo vanaand (Saterdag se sege van 38-28 oor die Bulle op Loftus Versfeld) sal ons ondersteuners opgewonde maak.

“Ons het goeie rugby gespeel die afgelope paar weke, maar ek het reeds vir die spelers gesê dit is belangrik om nou huis toe te gaan en daar aanskoulike wenrugby te speel.”

“Daar word gehoop vir 15 000 mense by ons volgende wedstryd en met ’n uitslag soos vanaand s’n, kan daardie syfer ’n werklikheid word.”

Die Brumbies speel Sondag tuis teen die Sunwolves.

Sam Carter, die Brumbies se kaptein, is van mening toeskouergetalle is nie net vir sy span ’n uitdaging nie.

Daar word gehoop vir 15 000 mense by ons volgende wedstryd en met ’n uitslag soos vanaand s’n, kan daardie syfer ’n werklikheid word.
Dan McKellar

Daar was Saterdag slegs 8 189 mense op Loftus.

McKellar meen voorts daar word te veel gemaak van die Nieu-Seelandse spanne se oorheersing oor die Aussies in die reeks.

Die vreugde was groot in Australiese rugby toe die Waratahs die vorge naweek in Sydney die Highlanders 41-12 verslaan het.

Dit was die eerste sege wat een van Australië se vier franchises in 40 wedstryde teen ’n Nieu-Seelandse span kon behaal.

“Dit is ’n lekker opskrif vir die media as jy nie ’n Nieu-Seelandse span in 40 wedstryde geklop het nie.

“Die Waratahs het die tendens beëindig en ek glo die ander Aussie-spanne kan ook.

“Daar was dalk enkele gevalle wat ons die laaste paar jaar teen ’n Nieu-Seelandse span gespeel het en dit ’n eensydige wedstryd was.

“Natuurlik is dit nie iets wat jy kan ignoreer nie, maar ek is nie van mening dat die Kiwi-spanne ’n sielkundige houvas op ons het nie.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Brumbies  |  Bulle  |  Superrugby  |  Loftus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.