Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Whitelock sluit by Crusaders se ‘Klub 150’ aan

Die All Black Sam Whitelock was nie veronderstel om vanjaar Superrugby te speel nie, maar sal Saterdag in sy 150ste wedstryd op dié vlak vir die Crusaders speel.

Dié 31-jarige slot is vrygestel om vanjaar in Japan te speel, maar die koronavirus-pandemie het die plan in die wiele gery en Whitelock het teruggekeer huis toe.

Hy sal die sewende Crusader word om dié mylpaal te bereik.

Die ervare All Black-slot Sam Whitelock speel Saterdag in sy 150ste Superrugby-wedstryd vir die Crusaders. Foto: Getty Images

Whitelock volg in Wyatt Crockett (202), Kieran Read (156), Owen Franks (153), Andy Ellis (153), Corey Flynn (150) en Ryan Crotty (150) se voetspore.

Ons is soms deur moeilike tye, maar ek het dit altyd geniet.

“Dit was ongelooflik,” het Whitelock Donderdag aan TVNZ gesê.

“Dit was vir my spesiaal om hier te speel saam met my drie broers (Adam, George en Luke).

“Ons is soms deur moeilike tye, maar ek het dit altyd geniet.”

Whitelock, wat 117 toetse vir die All Blacks op sy kerfstok het, sê hy gaan die trui waarin hy Saterdag speel, laat opveil ten bate van ’n groep wat boere in die kontrei (Christchurch) finansieel ondersteun.

Die Crusaders kom Saterdag in Hamilton teen die Chiefs te staan, ’n span wat in sy afgelope sewe wedstryde in die Superreeks en daarna in Nieu-Seeland se Aotearoa-kompetisie aan die verloorkant was.

Die Chiefs het egter in die ses Aotearoa-nederlae met gemiddeld vyf punte per wedstryd verloor en Warren Gatland se span was in drie wedstryde enduit binne trefafstand.

“Die Chiefs kon hul laaste drie wedstryde gewen het,” het Scott Hansen, ’n hulpafrigter van die Crusaders, gesê.

“Dit is ’n taai kompetisie, waarskynlik die taaiste ter wêreld en dit is goed (vir Nieu-Seelandse rugby).

“Ons weet wat die naweek op ons wag en hoe belangrik dit sal wees om ’n goeie vertoning te lewer.”

Die Crusaders is die voorloper in die kompetisie met 19 ligapunte, gevolg deur die Blues (17) en die Hurricanes (16). – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.