Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Winter lui nuwe seisoen vir Bulle se voorhoede in

Jake White maak geen geheim daarvan dat “massiewe veranderings” by die Bulle kom nie.

Die nuwe era onder dié voormalige Springbok-afrigter begin stadigaan gestalte kry, met Russell Winter wat as die Bulle se nuwe voorspeler-afrigter aangestel is.

bulle
Russell Winter, wat die Stormers se voorhoede lank gebrei het, is die Bulle se nuwe voorspeler-afrigter. Foto: Gallo

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Vrydag aangekondig dat dié voormalige losvoorspeler van die Leeus en die Haaie die volgende drie seisoene in White se afrigtingspan sal dien.

Winter (44) het van 2016 tot 2019 die Stormers se voorhoede onder hande geneem.

“Die Bulle was nog altyd ’n spesiale span, wat sukses op die hoogste vlak behaal het en ek is opgewonde om deel te word van die rugby-familie daar,” het Winter in ’n verklaring van die BBM gesê.

White het in ’n video-aankondiging gesê hy het Winter op skole- en universiteitsvlak in Johannesburg afgerig.

“Ek weet hoe Russell oor die spel dink en ek het baie respek vir hom.

“Hy is iemand wat deur alle vlakke gekom en sy skoolgeld in Suid-Afrikaanse rugby betaal het.”

White sê daar is baie aan die gebeur agter die skerms sedert hy in Maart as die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter aangestel is.

“Ek word oorweldig deur oproepe van spelers en agente wat Bulle toe wil kom. Dit is werklik bemoedigend.

Ek word oorweldig deur oproepe van spelers en agente wat Bulle toe wil kom. Dit is werklik bemoedigend.
Jake White

“Verandering is nodig en die span se vertonings verlede jaar in die Curriebeker-reeks en vanjaar in die Superreeks beaam dit.

“Ek praat in dié stadium met verskeie afrigters en spelers,” het White gesê.

Daar sal binnekort nog aankondigings kom oor die Bulle se afrigtingspan.

Joey Mongalo, ’n voormalige hulpafrigter van die Leeus, se kontrak kan ook eersdaags gefinaliseer word. Hy sal die Bulle se nuwe verdedigingsbreier wees.

Pine Pienaar was verantwoordelik vir dié portefeulje in die vorige hoofafrigter, Pote Human, se afrigtingspan.

Pienaar kan na verwagting in ’n ander hoedanigheid in die afrigtingsgroep aangestel word.

Chris Rossouw (agterlyn) en Daan Human (skrums) is die Bulle se ander hulpafrigters.

Human is vroeër vanjaar ook as ’n skrumkonsultant by die Springbokke aangestel.

Drie Springbokke, Gio Aplon, Arno Botha en Marcel van der Merwe, asook die belowende slot van die Cheetahs Walt Steenkamp, het sedert White se koms kontrakte met die Bulle gesluit.

Die Bok-heelagter Warrick Gelant het egter sedertdien besluit om nie sy kontrak by die Bulle te hernieu nie en verhuis Kaap toe.

Meer oor:  Jake White  |  Russell Winter  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.