Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bekroonde Bok se salaris verdubbel dalk


Pieter-Steph du Toit
Pieter-Steph du Toit by 2019 se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan. Foto: Getty Images

Pieter-Steph du Toit blyk verlore te wees vir Suid-Afrikaanse rugby nadat hy die Westelike Provinsie in kennis gestel het dat hy sy kontrak met onmiddellike effek opsê.

Die WP was Donderdagoggend nog onder die indruk dat Du Toit in die Moederstad gaan bly en het dit selfs by monde deur een van sy sakevleuel se direkteure, André van der Veen, bevestig. Daar was egter later in die dag ’n gatomswaai toe Du Toit vir die WP in kennis stel dat hy wel sy kontrak wil opskeur ten gunste van ’n oorsese aanbod.

Cobus Wiese was ’n sprekende voorbeeld van die soort puik jong speler wat SA die gevaar geloop het om te verloor. Foto: Gallo Images

Die WP het Du Toit probeer ompraat te bly en hoop steeds om die saak te beredder, maar soos sake staan is hy of op pad Japan of Frankryk toe

Cobus Wiese, ’n puik jong losvoorspeler-slot, en die losskakel Jean-Luc du Plessis, is ook vir die WP verlore as gevolg van die omstrede “21-dag-klousule”, wat Suid-Afrika se beroepspelers die reg gegee het om hul kontrak op te sê ten gunste van ’n aanbieding van ’n oorsese span.

Dié klousule het voortgespruit uit onderhandeling  tussen MyPlayers, die organisasie wat Suid-Afrika se beroepspelers verteenwoordig, en Suid-Afrikaanse Rugby se Werkgewersorganisasie (Sareo), wat die toegewing van die 21-dag-klousule gemaak het om ’n besparingsplan deurgevoer te kry. Daarvolgens moes spelers wat meer as R240000 per jaar verdien salarisverminderings aanvaar.

In ’n verklaring aan Netwerk24 Vrydagaand het WP Rugby (Edms.) Bpk gesê dat Du Toit se besluit kom nadat hy Donderdagoggend vir ’n raadslid gesê het dat hy gaan bly en nie van plan is om sy kontrak op te sê nie.

“Deur die loop van gisteraand (Donderdag) en vandag het verteenwoordigers van WP rugby met Pieter-Steph en sy agent gepraat om sy kennisgewing te bespreek en versoek dat hy dit terugtrek. Tot nou toe kon ons hom nog nie oortuig nie.

Pieter-Steph is tans Wêreldrugby se Speler van die Jaar en ’n baie waardevolle lid van ons span. Ons wil hom baie graag vir WP Rugby en in Suid-Afrika behou.
WP Rugbyunie

“Pieter-Steph is tans Wêreldrugby se Speler van die Jaar  en ’n baie waardevolle lid van ons span. Ons wil hom baie graag vir WP Rugby en in Suid-Afrika behou.”

WP Rugby (Edms.) Bpk het in sy verklaring benadruk dat hy die 21-dag-klousule wat tussen MyPlayers en Sareo beding is as ongeldig beskou. Hy behou hom sy regte voor en beskou Du Toit se huidige kontrak as bindend.

“Ons doelwit is ten alle tye om ’n gemotiveerde groep spelers te bou wat die belange van WP Rugby en Suid-Afrikaanse rugby dien. Ons beskou vir Pieter-Steph as ’n integrale deel daarvan.”

Du Toit het Vrydag navrae na sy agent, Gerrie Swart, verwys. Swart kon ondanks herhaalde pogings deur Netwerk24 nie Vrydag bereik word nie.

Netwerk24 het Vrydag verneem dat Du Toit ’n aanbod van die Japanse klub Toyota gekry het waarvolgens sy jaarlikse salaris – nog voordat ’n vermindering van nagenoeg 40% toegepas word – verdubbeld sal word.

Sy naam word ook sterk aan Montpellier gekoppel en die verwagting binne die industrie is alom dat hy hom ná aanstaande jaar se toer deur die Britse en Ierse Leeus by dié Franse klub sou aansluit.

Meer oor:  Pieter-Steph Du Toit  |  Jean-Luc Du ­Plessis  |  Cobus Wiese  |  Frankryk  |  Japan  |  Kaapstad  |  Kontrak  |  Springbok  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.