Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Zas gee Stormers woema
Leolin Zas op pad doellyn toe nadat hy die bal vir die Stormers onderskep het in hul ministryd teen die Maties op Floridapark in Ravensmead.Foto: Gallo Images

Ná twee frustrerende seisoene by die Haaie het die blits Leolin Zas Saterdag sy terugkeer na die Stormers met ’n drie gevier in dié Kaapse span se rugbydag in Ravensmead.

Die grootste gros van die Stormers se eerstekeusespelers is nie ingespan in die vier miniwedstryde van 20 minute elk teen die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie (KSUT), ’n WP-vyftiental, die Ikeys en Maties nie, maar John Dobson, hoofafrigter, kon hom wel vergewis van die diepte tot sy beskikking.

Zas sou juis sy eerste kans terug by dié Superrugby-span wou gebruik om Dobson-hulle aan sy deugde te herinner.

Hy was in aksie in die ministryd teen die Maties en het ’n onderskepdrie gedruk nadat die Stormers die Stellenbosse studente algaande op die agtervoet gedwing het.

Zas het die Stormers aan die einde van die 2017-seisoen verlaat, maar het uiteindelik min speelkans in die kleure van die Haaie gekry.

Die Springbokke Makazole Mapimpi en Sbu Nkosi het in Zas se tyd daar groot opgang as vleuels gemaak, terwyl Kobus van Wyk ook gereeld bo hom gekies is.

Die Stormers beskik nie oor te veel beproefde vleuels nie en Zas kan vanjaar nog ’n belangrike rol in dié span se Superrugby-veldtog speel.

’n Ander vleuel wat ook sommer in die eerste 20 minute van die dag (teen KSUT) vir Dobson gewys het wat in hom steek, is Sihle Njezula. Hy het in snikhete toestande die Stormers se eerste drie gaan druk.

Die voormalige Springbok Hilton Lobberts trek ’n speler van die WP-vyftiental plat in Ravensmead. Lobberts, wat die laaste paar seisoene vir die Pumas gespeel het, is terug in die Kaap en speel klubrugby vir Hamiltons. Hy sal egter hoop om vanjaar in die Stormers se Superrugby-veldtog betrokke te wees.Foto: Gallo Images

Voorlangs was die haker Schalk Erasmus ook woelig en het hy ná rolmaalbewegings drieë teen KSUT én teen Ikeys gedruk.

Die Stormers het sy minikragmetings met KSUT (15-10), Ikeys (15-5) en Maties (10-5) gewen, maar kon nie die WP-vyftiental, wat uit plaaslike klubspelers bestaan het, (10-15) tot oorgawe dwing nie.

Dié 20 minute was met aksie belaai en die klubspelers het alles ingesit om die Stormers-afrigtingspan ook van hulle te laat kennis neem.

Altesame vyf drieë is ingeryg met Deon Carstens (skrumskakel) en Cornel Smit (senter) wat vir die Stormers gaan druk het. Sinethemba Mapaqa (Hamiltons), Jayden Hanlso (Tygerberg) en Joel Paarwater (UWK) het die oorwinning vir die WP-span met ’n doel elk help beklink.

Die Stormers se teenstanders het ook onderlinge mini-wedstryde gespeel. Die uitslae hiervan was: Maties 15, KSUT 10; Ikeys 15, WP-vyftiental 5; Maties 10, Ikeys 5; WP-vyftiental 25, Maties 0; WP-vyftiental 0, KSUT 0. – Sportredaksie

Meer oor:  Stormers  |  Maties  |  Superrugby  |  Ikeys  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.