Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Varsitybeker
Swys de Bruin Shimlas se nuwe grootbaas

Swys de Bruin, ’n voormalige hoofafrigter van die Leeus, is as direkteur van afrigting by die Shimlas aangestel.

Swys de Bruin gaan voortaan oorhoofs verantwoordelik wees vir rugby-afrigting by die Shimlas. Foto: Gallo Images

André Tredoux, wat voorheen by die Universiteit van die Vrystaat betrokke was, is die nuwe hoofafrigter in die plek van Pote Human.

Human was net vir een seisoen gekontrakteer en gaan sy loopbaan in Amerika voortsit.

De Bruin, wat benewens die Leeus by verskeie ander provinsiale spanne betrokke was, was ook al ’n hulpafrigter van die Springbokke.

Tredoux was onder meer in Japan betrokke en het die Madibaz vanjaar in die Varsitybeker-reeks afgerig.

Die Shimlas het met dié aanstellings gewys hulle is ernstig daaroor om weer ’n krag te word. Dit behoort belowende spelers te lok, terwyl plaaslike talent voortaan ook nie ander heenkome sal gaan soek nie.

Hendro Scholtz, ’n voormalige hoofafrigter van Shimlas, is ook lid van die afrigterskorps. So ook Tiaan Lienbenberg, oud-haker van die Westelike Provinsie wat by die Ixias betrokke was.

Mark Nicholls en Rashied Isaacs is ook lid van die bestuurspan.

Meer oor:  André Tredoux  |  Shimlas  |  Pote Human  |  Varsitybeker  |  Swys De Bruin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.