Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
20 Jaar later:
WB 1995: Oorwinning steeds heuningsoet
Dis beelde wat jou steeds hoendervel gee: Die William Webb Ellis-trofee wat van Nelson Mandela se hande na Francois Pienaar s’n gaan. Die Bok-span van 1995 het Woensdag dié glorieryke gebeurtenisse van 20 jaar gelede op Ellispark herleef.
Dis beelde wat jou steeds hoendervel gee: Die William Webb Ellis-trofee wat van Nelson Mandela se hande na Francois Pienaar s’n gaan. Die Springbok-kaptein wat die goue kleinood hoog die lug indruk terwyl die woord ‘yes’ oor sy lippe ontsnap. Madiba se vuiste in die lug, Japie Mulder se vuiste in die lug – ’n menigte reënboogvlae in die skare en ’n geruis tot in al die hoeke van jou hart. Maar in die 7 300 dae wat sedertdien verloop het, het baie dinge verander. Die Bok-span van 1995 het Woensdag dié glorieryke gebeurtenisse van 20 jaar gelede op Ellispark herleef.

‘Speel vir jou land, mense en als is reg’

Applous. Francois Pienaar, die Bok-kaptein van 1995 reageer tydens 'n heruitsending van die Wêreldbeker-eindstryd.
Morné du Plessis en Gysie Pienaar hou die heruitsending van die eindstryd van '95 op die groot skerm dop.
Hennie le Roux en Francois Pienaar gesels by die reünie op Ellispark.
Die oud-Bokke kyk weer na daai eindstryd.
Francois Pienaar teug aan 'n sigaar. Foto's: Deaan Vivier
Ek het net gesê: ‘Speel vir jou land, speel vir hierdie mense, en alles sal orraait wees’
Francois Pienaar

Dit was nie eens nodig om sy spelers voor die bykomende tyd van hul Wêreldbeker-eindstryd 20 jaar gelede te motiveer nie, het die destydse Springbok-kaptein, Francois Pienaar, Woensdag onthou.

Die skare het daardie joppie uit sy hande gehaal.

Pienaar het emosioneel geraak terwyl hy en sy oudspanmaats hul grootste triomf op Ellispark in 1995 herdenk het. Maar terselfdertyd het die glimlag nooit van sy gesig verdwyn nie.

​Lees verder.

Die Bokke se skakelpaar van 1995, Joost van der Westhuizen en Joel Stransky. Foto: Deaan Vivier
Francois Pienaar, Joost van der Westhuizen en Hennie le Roux lei die oud-Bokke op die veld tydens die Wêreldbekerspan van 1995 se saamtrek op Ellispark. Foto: Felix Dlangamandla
Francois Pienaar tydens die 20 jaar- reünie by Ellispark van die Springbokke se Wêreldbeker-groep wat die William Webb Ellis-beker in 1995 gewen het. Foto: Deaan Vivier
Marius Hurter teken 'n rugbyballetjie. Agter gesels die rugbyskrywer Dan Retief met Joost van der Westhuizen. Foto: Deaan Vivier
Marius Hurter en Gavin Johnson gesels op Ellispark. Foto: Deaan Vivier
Joost van der Westhuizen en Chester Williams glimlag vir fotograwe. Foto: Deaan Vivier
Francois Pienaar, skop 'n bal op Ellispark, waar hy die Bokkie in 1995 aangevoer het om die Wêreldbeker te verower. Foto: Felix Dlangamandla

Eers roer g’n lit, toe vier Bokke ’95-sege

Die Springbok-span van 1995. Voor van links is Chester Williams, Balie Swart, Kitch Christie (afrigter), Francois Pienaar (kaptein), Morné du Plessis (bestuurder), James Small, Gysie Pienaar (assistentafrigter), Hennie le Roux en André
Die Springbokspan van 1995 op 24 Junie op Ellispark: Voor van links: Chester Williams, Balie Swart, Joost van der Westhuizen, Francois Pienaar, Morné du Plessis, Christiaan Scholtz, Gysie Pienaar, Hennie le Roux en Pieter Hendriks. Middel: Ga

In die 7 300 dae wat verloop het sedert die Bokke die Wêreldbeker in 1995 verower het, het baie dinge verander. Die reuse-kontras tussen die geroesemoes op Ellispark in Johannesburg op 24 Junie 1995 en die gedempte stilte waarmee dié oomblik twee dekades later met die 20ste herdenking van dié roemryke oorwinning gade geslaan is – onderstreep dit.

Niemand wat Woensdag in ’n restaurant op Ellispark na ’n heruitsending van die wedstryd gekyk het, het ’n lit verroer nie. Lees verder.

‘Aaklig om Joost van der Westhuizen nou só te sien’

Joost van der Westhuizen en Marius Hurter deel Woensdag ’n grappie by die reünie van die 1995-Bokke. Foto: Felix Dlangamandla

Hy’t nog die glinster van ouds in sy oë en kry dieselfde plooie om sy mond wanneer hy lag.

Maar tussen die Joost van der Westhuizen wat die Wêreldbeker-sukses van 20 jaar gelede Woensdag by Ellispark in ’n rolstoel gevier het en die Joost van der Westhuizen wat die grote Jonah Lomu daardie dag pap geduik het, is daar nou min ander ooreenkomste.

Die man wat die laaste aangee voor Joel Stransky se bekende skepdoel gegooi het, was duidelik in sy element tussen die spanmaats saam met wie hy Suid-Afrika twee dekades gelede in euforie verenig het. “Awesome, awesome,” het hy geantwoord op die vraag hoe dit voel om terug te wees. ​Lees verder.

Mark Andrews kyk eerste keer in 20 jaar na eindstryd-sege

Ek het daardie dag met die eindstryd gevoel ek was ‘bulletproof’ op die veld.
Mark Andrews
Francois Pienaar en Mark Andrews gesels Woensdag by die reünie van die Bokke se Wêreldbeker-groep van 1995. Foto: Duif du Toit/Gallo Images

Woensdag, presies 20 jaar nadat die Springbokke die eerste keer as rugby se Wêreldkampioen gekroon is, het Mark Andrews die eerste keer na die video-opname van daardie wedstryd gekyk.

“Ek kon myself net nog nooit sover kry om daarna te kyk nie. Verlede jaar wou ek op ’n kol saam met my seun na die wedstryd kyk, maar iets het voorgeval en ons het toe nooit nie. ​Lees verder.


Balie Swart skrúm, seer ribbe en al

Kobus Wiese het my so aan my kraag opgetel en vir my gesê: ‘Luister, ouboet, kan jy hoor ek praat met jou.’
Balie Swart

“Met daardie openingswedstryd op Nuweland het die besef vir die eerste keer tot ons deurgedring hoe groot hierdie ding (die Wêreldbeker-toernooi) is.”

Die oud-Springbok-stut Balie Swart sê toe die spanbus by

Nuweland opdaag vir die wedstryd teen die Wallabies, het al die spelers se oë gerek oor die chaos buite die stadion met die baie toeskouers.

“Selfs langs die pad vanaf ons hotel na die veld was daar sulke lang toue ondersteuners. Ons het almal besef dat ons sal moet uithaal en wys,” vertel Swart.​ Lees verder.


Balie Swart (derde van links) hou die Wêreldbeker omhoog in 1995. Foto: Jan Hamman

Small fokus op reus, Wiese pak hom 'teen betaling'

“Hy het my betaal om dit te doen, want hy was bang vir Jonah Lomu.”

So het Kobus Wiese, voorma­lige Springbok-slot, gesê toe hy gevra is waarom hy destyds terwyl die haka uitgevoer is tussen die Bok-vleuel James Small en Lomu ingeskuif het.

Die Lomu-fenomeen was in die aanloop tot 1995 se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Bokke en die All Blacks al waaroor gepraat is. Le​es verder.

Hy was reusagtig, ongelooflik sterk en blitsvinnig.
James Small oor Jonah Lomu
James Small suig Woensdag aan 'n sigaar. Foto: Deaan Vivier

Plaasvervangers het ook groot rol gespeel

“Daar staan seker nie in die rekordboeke hóé jy jou drieë aangeteken het nie.”

So het Adriaan Richter, voormalige agtsteman en een van die sogenaamde minder bekendes in 1995 se Springbok-span, laggend oor sy vier drieë in dié toernooi gesels.

“Dit is steeds eienaardig om te dink ek het dieselfde aantal kere agter die doellyn gaan

kuier as Chester Williams,” het dié klipharde voorspeler Woensdag met ’n glimlag gesê. ​Lees verder.

‘Madiba magic’ was groot faktor, sê Morné du Plessis

Ek het weer die vlinders in my maag gekry wat ook op die eindstryd-dag daar was.
Morné du Plessis
Morné du Plessis en Gysie Pienaar kyk Woensdag weer na die Wêreldbeker-eindstryd van 1995. Foto: Deaan Vivier

Daardie oomblik toe hy voor die eindstryd uit die tonnel gestap kom en hoor hoe dreunsang die skare “Nelson, Nelson, Nelson”, was vir hom die spesiale ervaring van die hele Wêreldbeker-toernooi, sê Morné du Plessis.

Die spanbestuurder van die seëvierende Springbokke, sê daardie ervaring om te beleef hoe die rugbyskare die nuwe president se naam uitskree, het hom laat besef waarheen hierdie land op pad kon wees en hoe spesiaal dit kon word.Lees verder.

Rugby het nie noodwendig beter geword

Na aanleiding van Woensdag se heruitsending van die Wêreldbeker-eindstryd van 1995, is daar ’n meer gepaste wyse om ’n finaal te beklink as met ’n skepdoel?

Dié vraag is presies 20 jaar gelede op Ellispark beantwoord nadat die Springbok-losskakel, Joel Stransky, se tweede poging in die doodsnikke van bykomende tyd ’n oorwinning van 15-12 aan die tuisspan besorg het.

Die rugbyskrywer Heinz Schenk het Woensdag weer ná die eindstryd gekyk. ​Lees sy wedstrydverslag.

1995 se puntemakers

Suid-Afrika 15 (9): Strafdoele: Joel Stransky (3). Skepdoele: Stransky (2).

Nieu-Seeland 12 (6): Strafdoele: Andrew Mehrtens (3). Skepdoel: Mehrtens.

’95-klas gee raad vir 2015

Joel Stransky op die kolletjie van waar hy die skepdoel oorgeskop het wat Suid Afrika laat wen het in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995. Foto: Deaan Vivier

As Heyneke Meyer, die Springbok-afrigter, ’n paar onervare buiteperde in gedagte vir sy Wêreldbeker-groep het, moet hulle speelkans in die Rugbykampioenskap kry.

Want die WB-toernooi is nie die tyd óf die plek om proefnemings te doen nie.

Só meen Gysie Pienaar, ’n voormalige Bok-heelagter en hulpafrigter in die 1995-toernooi. 

Daar is gereeld spelers wat laat in die aanloop tot die Wêreldbeker ’n groot indruk maak. As ek Heyneke was, en hy meen daar is dalk een of twee spelers wat sy WB-groep kan haal, sou ek hulle oorweeg het,” het hy Woensdag op Ellispark gesê waar die Springbokke van 1995 hul Wêreldbeker-oorwinning van 20 jaar gelede gevier het, gesê.

“Maar dan moet hulle in vanjaar se Rugbykampioenskap speel. Ek sou nie ’n speler vir die WB kies as hy nie ten minste ’n proesel van internasionale rugby gehad het nie.” Lee​s verder.

Soms is dit juis die waaghalsigheid van ’n geesdriftige groentjie wat ’n span die knoop laat deurhak.

‘Suzie? Nee, net suur druiwe’

Dit is nie soseer die skulpvis voor die eindstryd wat die probleem was nie, maar eerder die suur druiwe ná die tyd.

Dit was Woensdag op Ellispark die mening van Edward Griffiths, mediabestuurder van die Springbokke tydens die Wêreldbeker-toernooi van 1995, oor die hele Suzie-sage waaroor die All Blacks gekla het in hul nederlaag. Die Nieu-Seelanders sweer tot vandag toe nog hoog en laag hulle is “vergiftig” voor die eindstryd. Daar was allerlei gerugte oor ’n blonde vrou wat die heeltyd in die omgewing van die span was en wat hulle glo sou vergiftig het. ​Lees verder.