Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB: ‘Japan glo vas Wêreldbeker sal syne wees’
Ulrich Külz, rugby- ambassadeur verbonde aan die Suid-Afrikaanse ambassade in Japan, het gesê dié nasie glo nou sy span kan die Wêreldbeker verower. Foto: verskaf

KAAPSTAD. – Japan glo vas hy kan die Wêreldbeker-rugbytoernooi wen.

Dié geloof spruit uit die span se onverwagse oorwinning oor die Springbokke die afgelope naweek in Brighton, Engeland.

Ulrich Külz, rugby-ambassadeur vir die Suid-Afrikaanse ambassade in Japan, het gesê dié land is steeds histeries ná Saterdag se oorwinning.

“Op die TV en in die koerante is dit net rugby, rugby, rugby,” het Külz Maandag telefonies uit Japan aan Die Burger gesê.

Lees ook:

Francois Pienaar sê koppe moet rol

Trane in Bok-kamp

‘Springbokke se swak vorm was die probleem’

Samoa weet Bokke sal Saterdag álles gee

Suid-Afrikaners se sportmangees ‘ongelooflik’

Die pandemonium ná die oorwinning het nog nie bedaar nie. “Dis die heeltyd op TV en in die koerante . . . eintlik oral.”

Külz het vertel dat Japan ’n uiters patriotiese nasie is.

“Die publiek glo as hulle die Bokke kon klop, dan staan hulle ’n goeie kans om die beker te wen.”

Volgens Külz is rugby steeds ’n ontwikkelende sport in Japan. “Die oorwinning oor die Springbokke sal ’n baie positiewe impak op rugbyontwikkeling hê.”

Die insluiting van ’n Japanse span by Super-reeks van volgende jaar af behoort die sport se gewildheid ook ’n hupstoot te gee.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.