Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB: ‘Springbokke se swak vorm was die probleem’
Baie was nie gereed, sê Pienaar
Francois Pienaar.

BIRMINGHAM. – Die kleursamestelling van die Springbokgroep, wat ’n sensitiewe besprekingspunt voor die Wêreldbekertoernooi was, het geen invloed op Suid-Afrika se swak vertoning teen Japan gehad nie.

Die voormalige Suid-Afrikaanse Wêreldbeker-kaptein Francois Pienaar het gesê die Bokke se swak vorm weens verskeie beseerdes wat teruggekeer het, was eerder die vernaamste probleem in die nederlaag van 32-34 in Brighton.

Die Bokke het voor dié kragmeting laas op 15 Augustus in ’n wedstryd gespeel en was duidelik verroes teen ’n begeesterde Japanse span.

“Voordat die Bokke hierheen vertrek het, was daar ’n vurige debat oor die kleursamestelling van die span. Maar ek wil dit duidelik stel dat dit irrelevant is. Mense sal maak of dit die probleem is, maar dit was nie. Hulle sal sê: ‘Ek het jou dit gesê’. Ignoreer dit. Dit het geen invloed op die nederlaag in Brighton gehad nie,” het Pienaar in sy rubriek in die Britse dagblad The Times geskryf.

Lees ook:

Francois Pienaar sê koppe moet rol

Trane in Bok-kamp

■ ​‘Japan glo vas Wêreldbeker sal syne wees’

■ ​‘Jonges moet help om te red’

■ ​Michael Cheika kies 2 baljagters

■ ​Afrigter boos ná Richie McCaw uitgejou is

■ ​Owen Farrell wil TV-skeidsregter só uitoorlê

■ ​Samoa weet Bokke sal Saterdag álles gee

■ ​Suid-Afrikaners se sportmangees ‘ongelooflik’

■ ​Oues moet uit, dan kan Bokke wen, sê Gwede Mantashe

■ ​Bokke sal geskiedenis maak as hulle beker wen

Op papier was die Bok-beginspan wat in Brighton uitgedraf het volgens hom ’n klomp gehaltespelers en goeie ouens, maar was baie van hulle nie gereed nie.

Rugby word ook nie op papier gespeel nie en jy kan nie verwag om te wen as jou vorm ’n probleem is nie.

“Ons vorm was voor die Wêreldbekertoernooi die swakste nóg. Hiér lê die probleem. Ons het geweet dat verskeie van ons groot spelers van beserings moes terugkeer. Ons kaptein, Jean de Villiers, moes van ’n kniebesering terugkeer en toe kraak hy sy kakebeen. Ek het gereken Jean en van die ander spelers kon weer hul vorm herwin het. Ek het ’n taai wedstryd teen Japan verwag, maar dat ons sou wen. Dinge het nou verander en is dit veel moeiliker om jou vorm te herwin.

“Die Bokke sal met aggressie terugveg, maar dit is nie goed genoeg in die moderne era nie. Dit is nie meer soos in 1991 waar jy ’n span soos Japan net met jou fisiekheid kon klop nie. In 2015 moet jy slim en vaardig wees. Jou uitvoering moet ook goed wees.”

Pienaar het ná Japan se oorwinning met hul afrigter, Eddie Jones, gepraat. Hy het gesê Jones het aan hom gesê: “Die ouens was futloos. Daar was geen woema nie. Hoekom?”

Pienaar skryf in sy rubriek, wat onder die opskrif Flat Springboks believed they could just pitch up and win verskyn het, dit het vir hom gelyk asof De Villiers-hulle in dieselfde strik getrap het as wat die geval met 1994 se span in ’n toets teen Engeland was.

Die Engelse het toe in aanloop tot die toets op Loftus Versfeld al hul wedstryde teen die provinsiale spanne verloor. Pienaar-hulle het gedink hulle moet net opdaag om te wen.

“Engeland het ons toe van die veld gespeel.”

Japan se vertoning in Brighton is ook prysenswaardig.

“Hulle was bereid om kanse te waag, wat ek geniet het. ’n Mens het rustyd verwag dat Suid-Afrika sou wakker skrik, sy strategie aanpas en terugkeer na sy sterk punte. Dit het nie gebeur nie.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.