Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
WB: Suid-Afrikaners se sportmangees ‘ongelooflik’
’n Lid van Japan se rugbyspan maak sy handtekening op die vlag van ’n Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftige nadat die Springbokke Saterdag in Brighton, Engeland, met 32-34 teen Japan verloor het. Foto: Gallo

JOHANNESBURG. – Al het hul span verloor, het die Bok-ondersteuners wat die wedstryd tussen Suid-Afrika en Japan bygewoon het ongelooflike sportmangees ten toon gestel.

Olly Barratt, ’n Britse TV-joernalis, het kort nadat die eindfluitjie geblaas het begin twiet oor hoe die Bok-ondersteuners Japan se aanhangers, talle van hulle in trane, op die paviljoen gelukgewens het. Hy het ook ’n video-opname op Twitter geplaas.

Die hoogtepunt was egter toe hy later twiet Suid-Afrikaners het die Japanse ondersteuners in Brighton by die stasie toegelaat om eerste van die trein af te klim en, terwyl hulle ’n erewag gevorm het, die draers van die wit-en-rooi vlag toegejuig het.“ ’n Ongelooflike dag!” het hy sy twiet afgesluit.

Lees ook:

Francois Pienaar sê koppe moet rol

Trane in Bok-kamp

‘Springbokke se swak vorm was die probleem’

‘Japan glo vas Wêreldbeker sal syne wees’

‘Jonges moet help om te red’

Elma Smit van SuperSport, wat ook Netwerk24 se #topstories-aanbieder is, het Maandag gesê die Japanse span het ’n ontsaglike ontvangs by hul hotel in Brighton gekry.

Smit, wat in dieselfde hotel tuisgegaan het, het gesê daar was Saterdagaand ’n troue in die hotel en die bruidspaar sowel as hul gaste het die Japanse span ingewag.

“’Die bruid en haar hele gevolg was daar om die Japanse span terug te verwelkom. Daar was baie mense wat in die straat buite die hotel gestaan het.

“Baie Suid-Afrikaners het uit winkels en restaurante gekom om vir hulle hande te klap soos wat die bus verbygery het.

Mense het ook buite die stadion gewag om hulle geluk te wens.”

Volgens Smit was dit nie net Japanse aanhangers wat hulle gelukgewens het nie, maar ook Australiese ondersteuners en mense in truie van die Engelse en Springbok-spanne.

“Hulle het regtig ’n helde- ontvangs gekry – van die sta­dion tot by die hotel.”

Die Japanse span het drie uur ná die wedstryd steeds feesgevier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.