Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Waltie speel nou dokter
Waltie Vermeulen

Die slot Waltie Vermeulen, wat die laaste seisoen of wat gebuk gaan onder beserings, het Woensdag aan Netwerk 24 gesê dat hy besluit het om die spel te los en op sy loopbaan as dokter te konsentreer.

“Dit is ’n gevoelige slag vir die Cheetahs, want slotte is nie volop in die provinsie nie, maar ons het reeds planne beraam om die krisis die hoof te bied.

“Daar is ook verskeie van die jong spelers soos Henco Venter, wat sterk na vore getree het,” het Harold Verster, grootbaas van die Cheetahs, Woensdag gesê.

“Waltie is een van die ware here van die sport. Ons sal hom mis.”

Vermeulen, wat soos sy pa (met dieselfde naam) in Hopetown as dokter praktiseer, het aan Netwerk 24 gesê dat hy die laaste paar seisoene so baie seergekry het dat hy glo dit is die beste besluit om nou uit te tree.

Hy was van plan om tot die einde van die seisoen nog te speel, maar nog ’n besering het meegebring dat hy nie weer vanjaar op die rugbyveld sal wees nie.

Hy gaan nou op sy tweede sportliefde, gholf, konsentreer.

Vermeulen het in sy loopbaan 44 keer vir die Vrystaat in die Curriebeker-reeks uitgedraf en 23 keer vir die span in die Super-reeks gespeel.

Dis baie wedstryde as in ag geneem word hy is net 26 jaar oud.

Hy beskou die huidige Bok-slot, Victor Matfield, as die beste teen wie hy gespeel het en Nico Breedt, sy destydse spanmaat by die Vrystaat, as die beste saam met wie hy gespeel het. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.