Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Worsie skop Namibië tot oorwinning
Worsie Kotze in sy UJ-kleure.

KAAPSTAD. – Namibië se rugbyspan het sy kragmeting met die Westelike Provinsie Saterdag in die Dr. Hage Geingob-stadion in Windhoek met 30-28 gewen.

Worsie Kotze het in die doodsnikke van die wedstryd met ’n strafskop geslaag om die tuisspan te laat wen.

Die oorwegend jong WP-span was met die rustyd met 13-9 voor en het goed meegeding.

Daar is altesame sewe minute beseringstyd gespeel.

Puntemakers: Namibië: 30 (9): Drieë: Doepie du Plessis, Johan Deysel. Doelskop: Worsie Kotze. Strafdoele: Kotze (6). WP 28 (13): Drieë: EW Viljoen, JP Lewis, Devon Williams. Doelskoppe: Robert du Preez, Gary van Aswegen. Strafdoele: Du Preez (2), Van Aswegen.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.