Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
A+ vereis vir Wêreldbeker-plek

Geen toetservaring voor 2019 dien nie as die finale doodskoot vir Cobus Wiese en Cyle Brink se Wêreldbeker-kanse nie.

Cobus Wiese
Cyle Brink

Rassie Erasmus het tydens sy onlangse besoeke aan die Bulle, Leeus en Stormers die deur wyd vir dié tweetal, Warrick Gelant en ander aanspraakmakers oopgelaat om nog Japan toe te gaan. Hy sal volgende week tydens sy besoek aan Durban dieselfde drie punte aan die Haaie oordra oor hoe spelers hul plekke in die Wêreldbekergroep van 31 kan oopspeel.

Die franchises wat hy reeds besoek het, het Erasmus sover gepeper met die enkele vraag hoe spelers nog in berekening kan kom om vanjaar ’n vliegtuigkaartjie na Japan los te speel.

Sy antwoord aan al die franchises was:

  • Speel baie goeie rugby vir jou franchise en help hulle.
  • Wees bogemiddeld in alle afdelings van die spel soos byvoorbeeld duikwerk, skrumwerk, skoonmaak by die afbreekpunte en op die aanval.
  • Wys iets wat jou van die res onderskei. Net bestendigheid gaan jou nie daar bring nie.

Die voorbeeld van ’n Malcolm Marx word gebruik wat bogemiddeld met onder meer sy skrumwerk, verdediging en lynstaan-ingooie is. Dis egter sy spel by die afbreekpunte wat hom van ander hakers onderskei.

Erasmus wil volgens sy besoeke aan die franchises daardie X-faktor in die Wêreldbeker-jaar by Suid-Afrikaanse spelers sien.

Hy sal plaaslike en oorsese spelers ook beloon vir hul goeie vorm. Die Bok-afrigter het aan die franchises gesê: “As jy dié seisoen die huis aan die brand speel, sal jy vir die Wêreldbeker gekies word.”

Baie is daarom nog in vanjaar se Superreeks vir Wiese en Brink op die spel. Albei is verlede jaar na van die Bok-oefenkampe genooi, maar beserings het verhinder dat hulle toetservaring opdoen.

Dit tel wel in spelers se guns as hulle toetservaring het en voorheen al saam met Erasmus gewerk het.

Al wag ’n aansienlik steiler bult dus op Wiese-hulle as hulle in vanjaar se Wêreldbeker wil speel, is die deur ten minste nog op ’n skrefie oop.

Meer oor:  Cyle Brink  |  Rassie Erasmus  |  Cobus Wiese  |  Wêreldbeker  |  2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.