Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aanvaar 2020 soos dit kom, sê Cheetah-stut

Charles Marais is een van ’n handjievol Vrystaat-Cheetahs wat in 2016 en 2019 die Curriebeker omhoog gehou het.

Dié stut sien derhalwe daarna uit om hul titel vanjaar te verdedig, maar as die Covid-19-pandemie dit in die wiele ry, gaan hy hom nie daaroor verknies nie.

Charles Marais is filosofies oor sy en ander rugbyspelers se lot in 2020. Foto: Gallo Images

Met nog geen sekerheid oor wanneer rugby in Suid-Afrika oplaas weer gespeel sal kan word nie, is dit nie vergesog dat die Curriebeker-reeks vanjaar in die slag kan bly nie, maar volgens Marais is dít iets waarmee hulle sal moet vrede maak.

“Ons sal die beste van die situasie moet maak, want dis nie iets wat in ons hande is nie. Dis nooit lekker as iets nie plaasvind waarna almal uitsien nie, maar dis die realiteit van dié jaar,” sê Marais.

Hy sê hy verstaan as daar gissings in die wandelgange is dat rugby vir die res van die jaar opgeskort kan bly.

“Dit gaan nie net oor die spelers se veiligheid nie, maar ook oor al die administratiewe personeel betrokke by wedstryde, die skeidsregters en dan het die meeste van die spelers nog ’n gesin by die huis, of bly saam met een of twee ander mense.

“So daar is baie meer as net die welstand van die spelers wat in ag geneem moet word.”

Uiteindelik moet ons dinge maar dag vir dag of maand vir maand neem.

Hy sê indien die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ’n kompetisie kan skep waarin almal veilig is, sal niemand betrokke ’n probleem hê nie. Hy verstaan nietemin dít sal moeilik wees en die koste daaraan verbonde sal waarskynlik baie hoog wees.

“Daar sal uiteraard ook gekyk moet word na hoeveel mense by ’n wedstryd betrokke is, want dit gaan ’n bepalende faktor speel. Daar is 23 spelers in ’n span, dan moet die spanne se afrigtingspanne nog bykom en ook die ander beamptes en dis baie mense.

“Gegewe die huidige beperkings op die getal mense wat mag byeenkom, sal daar eers ’n verslapping in regulasies moet wees voordat rugbywedstryde moontlik sal wees.

“Uiteindelik moet ons dinge maar dag vir dag of maand vir maand neem. Die situasie kan baie vinnig verander of dieselfde bly – ons moet maar altyd gereed wees.”

Die ander Cheetahs wat saam met Marais in 2016 en verlede jaar die Goue Beker omhoog gehou het, is die skrumskakel Tian Meyer, die heelagter Clayton Blommetjies en die agtsteman Henco Venter.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Ruby  |  Charles Marais  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.