Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aaron verbind hom tot All Blacks

In ’n tydperk waar baie All Blacks pen op papier sit met oorsese klubs, het die skrumskakel Aaron Smith besluit om langer by Nieu-Seelandse rugby te bly.

Aaron Smith gaan aanhou om sy brood en botter in Nieu-Seeland te verdien. Foto: Getty Images

Die 30-jarige Smith, ’n veteraan van 82 toetse, het sy kontrak met die Kiwi’s vir nog twee jaar verleng en sal ook tot aan die einde van 2021 vir die Otago Highlanders beskikbaar wees.

Steve Tew, uitvoerende hoof van die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR), sê hulle is verheug om Smith se dienste te behou.

“Hy is ’n speler van wêreldgehalte en die mees ervare All Black-skrumskakel van alle tye en boonop ’n uiters waardevolle lid van die nasionale span en die Highlanders,” sê hy.

Vir Nieu-Seeland is dit beslis ’n aanwins om Smith se dienste te behou, omdat spelers soos Ben Smith, heelagter, Kieran Read, kaptein en losvoorspeler, en Owen Franks, stut, almal kontrakte met oorsese klubs gesluit het om ná die Wêreldbeker-toernooi hul rugby elders te speel.

Van die ander spelers wat reeds aangedui het dat hulle nie groener weivelde gaan opsoek nie, is die hakers Dane Coles en Codie Taylor, die losvoorspelers Sam Cane en Ardie Savea en die agterspelers Damian McKenzie en Rieko Ioane.

“Die NZR het ongelooflik hard gewerk om sleutelspelers te behou. Dit is onafwendbaar dat sekere spelers sal aanbeweeg ná die Wêreldbeker-toernooi, maar ons sal steeds oor ervare spelers beskik aan die einde van 2019, en Aaron sal deel daarvan wees,” sê Tew. – Reuters

Meer oor:  Aaron Smith  |  Kieran Read  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.