Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ackers se Gloucester val wéér vas
Johan Ackermann, Gloucester se afrigter. Foto: Getty Images

Johan Ackermann, voormalige afrigter van die Leeus, se Gloucester het die afgelope naweek sy derde agtereenvolgende kragmeting in die Engelse Premierliga verloor.

London Irish het Gloucester, die Engelse klubspan wat Ackermann brei, Saterdag met 24-20 in Reading geklop.

Ackermann het ná die wedstryd in ’n video op Gloucester se webtuiste erken dat sy span tans nie goed speel nie.

“Die spelers het regtig alles ingesit, maar die span se karakter word nou getoets. As spelers en bestuur moet ons regmaak wat verkeerd is, maar dit gaan nie maklik wees nie.

As spelers en bestuur moet ons regmaak wat verkeerd is, maar dit gaan nie maklik wees nie.
Johan Ackerman

“Mense daar buite sal ons waarskynlik kritiseer, maar die enigste ding wat ons kan doen, is om as ’n span hard te werk en in mekaar te bly glo,” sê hy.

Behalwe vir Ackermann, was daar ook op die speelveld ’n Suid-Afrikaanse geurtjie. Franco Mostert (slot) en Ackermann se seun, Ruan, het vir Gloucester uitgedraf, terwyl die effens vergete oud-Bok Franco van der Merwe (slot) vir Londen Irish gespeel het.

Gloucester het tot dusver net vier oorwinnings in sy 11 wedstryde in die kompetisie behaal en bevind hom in die sewende plek op die punteleer.

* Die Sale Sharks, tweede op die punteleer en met ’n gros Suid-Afrikaners in sy geledere, het min moeite ondervind om die Leicester Tigers Vrydag met 36-3 in Salford te klop.

Robert du Preez

Die Springbok-stut Coenie Oosthuizen het een van sy span se vyf drieë gedruk, terwyl Robert du Preez met vier doelskoppe en ’n strafdoel geslaag het.

Sy broers, Dan en Jean-Luc, was ook in die beginspan, sowel as die oud-Bul Jono Ross (flank). Jean-Luc, bekend as ’n losvoorspeler, het in ’n effens ongewone posisie op slot gespeel.

* Exeter Chiefs is steeds boaan die punteleer. Hy het die Northampton Saints Sondag maklik tuis met 57-7 geklop.

Die oud-Bul Jannes Kirsten, wat slot gespeel het, het een van die wenspan se drieë gedruk. Jacques Vermeulen, voormalige Haai, het op flank vir Exeter uitgedraf.

Cobus Reinach, skrumskakel van die Springbokke, was op die Saints se plaasvervangersbank. – Sportredaksie

Meer oor:  Coenie Oosthuizen  |  Robert Du Preez  |  Engeland  |  Engelse Premierliga  |  Afrigter  |  Rugby  |  Gloucester  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.