Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ackers se klub betaal vir tatoeëermerke
Johan Ackermann, afrigter van Gloucester, met die wapen van die klub op sy linkerbors. Dié wapen gaan nou verander word. Foto: Getty Images

Die Gloucester-rugbyklub, wat deur die Suid-Afrikaner Johan Ackermann afgerig word, het onlangs hul nuwe wapen bekendgestel en is bereid om ondersteuners se kostes te delg as hulle hul tatoeëermerke van die ou wapen wil laat opdateer.

“Ons besef dat almal nie ten gunste van verandering is nie, maar as ondersteuners die tyd, energie en toewyding gewys het om ons wapen op hul liggame aan te bring, is die vergoeding die minste wat ons kan doen om hulle tegemoet te kom,” sê Stephen Vaughan, die klub se uitvoerende hoof.

“Ons sal die koste van die tatoeëermerk dek as hulle die nuwe wapen as ’n tatoeëermerk wil laat aanbring.”

Ackermann se seun, Ruan, speel vir Gloucester met die Springbok-flank Jaco Kriel wat ook onlangs ’n kontrak met die klub gesluit het.

Gloucester het in 2007 ook sy klub se wapen verander. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Johan Ackermann  |  Engeland  |  Gloucester  |  Rugby  |  Premierliga  |  Ondersteuners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.