Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ackers trek Franco Marais nader

Johan Ackermann se Japannese klubspan die NTT Docomo Red Hurricanes het die haker Franco Marais van Gloucester ook na Japan gelok.

DURBAN, SOUTH AFRICA - APRIL 25: (SOUTH AFRICA-OUT
Franco Marais. Foto: Getty Images

Marais word die vyfde Suid-Afrikaanse speler of afrigter om kontrakte met Ackermann se Japannese klubspan te teken.

Die oud-Leeu-hulpafrigter Neil de Bruin en die voormalige Cheetah-hoofafrigter Rory Duncan is van sy hulpafrigters in Osaka.

Makazole Mapimpi (sabbatsverlof tussen September en April 2021) en Tyler Paul (albei Haaie) is van die ander spelers wat saam met Marais deur die Red Hurricanes bekom is.

Nog twee ander Suid-Afrikaners, Lourens Erasmus en Wimpie van der Walt, tel ook onder die lys van gekontrakteerdes by Ackermann-hulle. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.