Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Adam (35) glo hy’t nog genoeg woema vir WB

Die Wallaby-veteraan Adam Ashley-Cooper is vas oortuig hy het steeds genoeg woema om sy teenstanders te laat bontstaan in sy vierde Wêreldbeker-toernooi.

Dié 35-jarige veelsydige agterspeler sluit hom by George Gregan aan as die enigste Aussies met vier WB-toernooie op hul kerfstok, wanneer die skouspel die naweek in Japan begin.

Die ervare Wallaby Adam Ashley-Cooper sweet in die gimnasium voor sy span Saterdag in die WB-toernooi teen Fidji te staan kom. Foto: Getty Images

Hy het in die Superreeks buitesenter vir die Waratahs gespeel, maar is sover op vleuel vir die Wallabies ingespan.

Op sy ouderdom is dit ’n gegewe dat daar vrae oor sy vaart sal wees.

“Dean Benton (die Wallabies se kondisioneringsghoeroe) is meer as tevrede en as die afrigters gelukkig is, is ek gelukkig.

“As ek die geleentheid in ’n wedstryd kry, sal ek dit probeer bewys.

“Ek is tevrede met my spoed en spelpeil, ongeag hoe oud ek is. Ek weet ek kan steeds ’n bydrae lewer, so ons sal moet wag en sien.”

Hoewel hy een van die mees ervare spelers in die toernooi is, meen Ashley-Cooper ’n mens is ook op die rugbyveld nooit te oud om te leer nie.

Jy moet sewe in ’n ry wen om die Wêreldbeker te wen.

“Ek moet seker maak daarvan dat ek mededingend bly en die ingesteldheid het om te groei en elke dag te verbeter.

“Dit is hoe ek waarde kan toevoeg, deur my stukke van die legkaart in plek te hê.”

En sy raad aan sy spanmaats?

“Jy moet sewe in ’n ry wen om die Wêreldbeker te wen.

“As ons daarin kan slaag om met elke wedstryd momentum te bou, te verbeter en sodoende ons beste vir laaste kan hou, sal dit ons in ’n goeie posisie plaas.”

Australië begin sy WB-veldtog in Groep D Saterdag teen Fidji, waarna Wallis volgende aan die beurt is.

Ashley-Cooper, wat die bynaam “Mr Fix-it” het, omdat hy al byna oral in die Wallabies se agterlyn gespeel het, sê hulle móét albei dié wedstryde wen.

“Al vier (groep)wedstryde is belangrik, maar veral die eerste twee.

“Jy weet nooit regtig wat om in jou eerste WB-wedstryd te verwag nie, veral teen ’n span soos Fidji.

“Hy is onvoorspelbaar en het baie slaankrag in die agterlyn.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.