Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Adriaanse, nóg bul-stutte na PE

Die Southern Kings se soektog na gehaltespelers vir volgende jaar se Superrugby-reeks het nou na oorsese klubspanne uitgebrei.

Jacobie Adriaanse het die afgelope week die 21ste speler geword met wie die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ’n kontrak sou sluit om in 2016 vir die Oos-Kaapse span te speel.

Hy, Schalk Ferreira en Tom Botha is die stutte wie se name nou bevestig is.

Die 30-jarige Adriaanse is vanweë sy ervaring een van die beste kopies wat Saru nog vir die Southern Kings gemaak het.

Dié boorling van die Kaap het hom in 2012 vanaf die Leeus by die Walliese klubspan Llanelli Scarlets aangesluit, wat hy tot vroeër vanjaar in 51 wedstryde verteenwoordig het.

Hy het daarna ook tydens die Wêreldbeker-toernooi ’n vinnige draai by Jake White se Franse klubspan, Montpellier, gemaak.

Dié oud-Matie is nie die enigste Suid-Afrikaner wat sy salaris oorsee verdien het en die laaste tyd deur Saru genader is nie. Sou Saru se onderhande­linge suksesvol wees, kan nóg ’n bekende speler of twee terugkeer. – Hendrik Cronjé

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.