Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Afrikaanse’ Ndhlovu bly oor Blitsbok-kans
Mfundo Ndhlovu stoei met ’n Engelse speler om besit in 2018 se Hongkong-sewestoernooi. Foto: Getty Images

Die spreekwoordelike noodlot het die Blitsbok Mfundo Ndhlovu as kind so te sê genoop om Afrikaans aan te leer en vandag kan hy gemaklik vier tale praat.

Ndhlovu (22) is die plaasvervanger vir die Suid-Afrikaanse sewesspan, wat die naweek in Los Angeles se Wêreldreeks-toernooi speel.

“Ek lag altyd as my plek van geboorte (Standerton) ter sprake kom en ek uitgevra word oor Afrikaans. Persoonlik voel ek dat waar ek grootgeword het die beste plek was om te leer om goed te kommunikeer,” sê Ndhlovu, oudleerling van die Hoërskool Standerton.

Ek moes aanpas en ’n nuwe taal – wat Afrikaans was – aanleer om my in staat te stel om doeltreffend met almal te kommunikeer.
Mfundo Ndhlovu

“Ek het baie Afrikaanse vriende en spanmaats gehad – waarvan sommige gesukkel het met Engels. So ek moes aanpas en ’n nuwe taal – wat Afrikaans was – aanleer om my in staat te stel om doeltreffend met almal te kommunikeer.”

Hy sê dit kom handig te pas om so baie tale in die reënboognasie te praat.

“Ek sê altyd die Here het my met sporttalente geseën, wat dit vir my moontlik maak om baie mense te ontmoet wat verskillende tale praat. So ek is bevoorreg om vier tale (Zoeloe, Engels, Afrikaans en Swati) te kan praat en nog vier (Sotho, Xhosa, Ndebele en Tswana) te kan verstaan.”

Cecil Afrika hardloop al langer as ’n dekade sirkels om teenstanders.

Dié veelsydige agterspeler, wat senter of vleuel kan speel, het in 2018 in Hongkong sy debuut vir die Blitsbokke gemaak.

Tog het hy nog net in vier toernooie gespeel, grootliks omdat hy baie las van beserings gehad het. Ndhlovu is egter bly om weer deel van die groep te wees, hoewel hy as ’n plaasvervanger nie speelkans gewaarborg is nie.

“Ek voel altyd geëerd om deel van die span te wees, veral nadat ek my debuut in 2018 gemaak het. Vandat ek my buiging gemaak het, het dit vir my meer gewig gedra om die Blitsbok-trui te dra omdat ek die eerste een van my familie is om die Groen-en-goud te dra.”

 

Ndhlovu sê toe hy die eerste keer begin sewes speel het, het hy spelers soos Cecil Afrika, Branco du Preez, Seabelo Senatla en Rosko Specman bewonder.


Meer oor:  Cecil Afrika  |  Mfundo Ndhlovu  |  Los Angeles  |  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.