Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Agaba sal nie nee sê vir nog ’n Blitsbok-kans
Tim Agaba sit af op ’n lopie tydens die Hamilton-sewestoernooi in 2018 in Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Omdat die verskil tussen sukses en mislukking in die Olimpiese Spele soms deur niks meer as ’n haarbreedte geskei word nie, moet atlete wat daar deelneem se vertonings bitter naby aan volmaak wees.

So sê die oud-Blitsbok Tim Agaba, ’n boorling van Kampala in Uganda, wat deel van die nasionale sewesrugbyspan was wat die bronsmedalje in 2016 in Rio de Janeiro gewen het.

Suid-Afrika se droom om destyds met die goud weg te stap, is deur Brittanje (7-5) in die halfeindronde verydel. Die Blitsbokke moes daarna teen Japan uitspeel om die derde plek – ’n kragmeting wat hulle gemaklik met 54-14 gewen het.

Agaba, wat die Blitsbokke in 14 toernooie in Wêreldrugby se sewesreeks tussen 2016 en 2018 verteenwoordig het, het goeie Spele-herinneringe – al erken hy dat dit lekker sou wees om ’n goue medalje om sy nek te hang.

“Die Spele is die hoogtepunt van enige atleet se loopbaan. Om in die sport waaraan jy deelneem daar in aksie te wees, is prestigeryk, omdat dit die grootste verhoog van wêreldsport is.

“So jy moet so naby as moontlik aan perfek wees. Uit die perspektief van die sewes het ons die Spele nie as anders beskou as ander toernooie in die Wêreldreeks nie. Ons het dit benader as nog ’n toernooi, ja dit is prestigeryk, maar dit was net so belangrik soos die ander toernooie,” sê die 30-jarige Agaba.

Kom hier, man! Tim Agaba kry ’n speler van Rusland beet tin die Kaapstad-sewestoernooi in 2017. Foto: Getty Images

“Die Olimpiese Spele in 2016 was een van die hoogtepunte van my loopbaan. Dit was ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie en altyd sal koester. Vir my was dit ’n groot voorreg om Suid-Afrika daar te verteenwoordig.

“Natuurlik sou ons daarvan gehou het om die goue medalje te wen. Maar om die brons te kry, was beslis die hoogtepunt van my loopbaan – iets wat ek altyd sal onthou.”

Agaba het in 2018 meer op vyftienman-rugby begin fokus en is by die Bulle gekontrakteer, waar hy as losvoorspeler diens doen.

Hy erken dat hy met heimwee terugdink aan die tyd wat hy deel van die nasionale sewesspan was en sê ook dat hy nie nee sal sê as die geleentheid hom voordoen om weer die Blitsbok-trui oor sy kop te trek nie.

“Ek mis vir seker my tyd van sewes speel en het my tyd by die Blitsbokke geniet. Ek sal beslis nie die moontlikheid afskryf dat ek weer daar kan speel as die kans opduik nie.

“Ek mis die ouens met wie ek die geleentheid gehad het om te speel, ouens wat ongelukkig uitgetree het soos Philip Snyman, Cecil Afrika en Kyle Brown. Dit was ouens wat ek bevoorreg was om saam mee te kon speel,” sê Agaba.

Meer oor:  Olimpiese Spel  |  Tim Agaba  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.