Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Agttal se harde werk laat my goed lyk'

Al het hy 31 punte aangeteken in die Springbokke se oorwinning van 46-13 oor Argentinië in Salta die afgelope Saterdag, glo Handré Pollard die klop op die skouer kom die span se agttal toe.

Handré Pollard
Doellyn toe! Handré Pollard bars oor vir een van sy twee drieë die naweek in Salta teen Argentinië. Foto: Getty Images

“Hulle was ongelooflik. Ek dink nie ek het al in ’n toets gespeel waar die agttal meer oorheers het nie.

“Dit is daai manne wat my laat goed lyk het. Ek gee hulle al die krediet. Dit was nou vir jou regtig lekker om agter so ’n pak te speel,” het Pollard met die Bokke se terugkeer Maandagoggend by die O.R. Tambo-lughawe gesê.

Tog het hy wel met so ’n skalkse glimlag erken dit was ook ’n lekker gevoel om twee keer daai wit lyn te kon oorsteek.

“Dit is nie iets wat sommer aldag gebeur nie en veral ook nie op die manier waarop dit gedoen is nie,” het hy geglimlag.

Dit was nou vir jou regtig lekker om agter so ’n pak te speel.
Handré Pollard

Pollard het soos ’n wafferse flank teenstanders uit die pad gevee op pad na sy twee drieë. Daar was ’n fisieke teenwoordigheid wat hy seker aansteeklik gevind het by sy voorspelers.

Hy het gewys hy is slaggereed vir die Wêreldbeker en soos hy nou speel, kan hy een van die deurslaggewende spelers later vanjaar in Japan wees.

Toe hy daarop gewys is dat Suid-Afrika se speler van die vorige eeu, Frik du Preez, hom beskou as ’n baie spesiale speler, het Pollard gesê: “Wow, dit is goed om so iets van so ’n legende te hoor. Dit laat jou goed voel,” het hy glimlaggend gesê.

Dit kan egter wees dat Pollard Saterdag in die toets teen Argentinië op Loftus ruskans gegun word en nie die kans kry om voor sy tuisskare sy talent uit te stal nie.

Meer oor:  Handré Pollard  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.