Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aidon ná eina byna reg vir aksie
Die agtsteman Aidon Davis sweet gister saam met sy spanmaats van die Southern Kings. Foto: Theo Jeptha

Die belowende agtsteman Aidon Davis kan binnekort begin armdruk vir ’n plek in die Southern Kings se beginspan.

Davis het verlede seisoen weens ’n ernstige beenbesering uitgesit en begin nou eers weer behoorlik rugby-fiks word.

Die 21-jarige losvoorspeler, wat twee jaar vir die Jong Bokkies uitgedraf het, sal waarskynlik eers vir die Kings se tweede of derde wedstryd in die Superrugby-reeks oorweeg word.

In hierdie stadium is die veel meer ervare Vleis Engelbrecht die eerste keuse op agtsteman.

Nóg ’n jong agtsteman, die 19-jarige Junior Pokomela, het verlede week in die vriendskaplike wedstryd teen die Cheetahs nogal goed gevaar.

Pokomela behoort tyd gegun te word om algaande sy voete in senior rugby te vind.

Davis, aan die ander kant, sal in die onervare Kings-groep dalk as ’n meer senior speler beskou word.

Hy het nog net 1 Super-wedstryd gespeel en 19 keer vir die OP-Kings uitgedraf.

Die knaap het gedurende verlede jaar se donker tye nie net gesit en Binnelanders kyk op TV nie.

Nee, hy het in die gimnasium geboer en kan deesdae met heelwat meer spiere aan sy bolyf spog.

As hy die roes gou kan afskud, kan hy sorg dat Engelbrecht op sy tone bly.

Ook die losskakel Louis Fouché oefen weer voluit saam met sy spanmaats ná sy kniebesering.

Hy sal ook nie sommer al volgende week in die Kings se eerste Super-wedstryd van die seisoen – teen die Haaie – in aksie wees nie.

Verskeie ander Kings-spelers was by gister se oefening langs die kantlyn.

Dit lyk darem nie of daar manne met ernstige skete is nie, hoewel hul hoofafrigter, Deon Davids, redelik bekommerd sal voel oor van die beseerdes.

Hy sal veral duim vashou dat sy twee vaskopstutte, Tom Botha en Jacobie Adriaanse, reg sal wees om die Haaie Saterdag hier in die Nelson Mandelabaai-stadion te pak.

Botha sukkel met ’n beenbesering en Adriaanse met harsingskudding.

As voorsorg het Louis Albertse, ’n voorryman van KwaZulu-Natal wat tot onlangs vir Provence in Frankryk gespeel het, saam met die Kings begin oefen.

Nog ’n voorryman, Liam Hendricks, wat verlede jaar vir die Westelike Provinsie se o.21-span gespeel het, is ook op ’n proefbasis by die Kings.

Ditto ’n ratse vleuel van die SWD-Arende, Charles Radebe.

  • Jacques Nienaber van Saru se mobiele afrigtingseenheid het die Kings gister weer met hul verdediging gehelp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.