Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Aimee blaas in 2 groot rugbytoetse

Aimee Barrett-Theron, Suid-Afrika se voorste vroueskeidsregter, sal die blaser in die openingstoets vir die November-reeks van vrouerugby wees. Amerika en Nieu-Seeland sal mekaar in Chicago pak.

Aimee Barrett-Theron. Foto: Gallo Images

Barrett-Theron sal ook op 24 November die fluitjie blaas in die toets tussen Engeland en Ierland op Twickenham.

Sy is die enigste Suid-Afrikaner op die skeidsregterspaneel vir vrouetoetse. Engeland, Ierland, Italië en Frankryk is die ander lande wat verteenwoordig word.

Dit is ’n groot jaar vir vrouerugby, met 15 toetse wat geskeduleer is om tussen 3 en 27 November plaas te vind. Die toetse sal in Amerika, Engeland, Spanje, Frankryk, Italië, Skotland, Ierland en Wallis aangebied word.

Die Springbok-vrouespan sal in drie toetse teen Wallis, Spanje en Italië in aksie wees.

Barrett-Theron se aanstelling volg op ’n merkwaardige jaar waarin sy ook in Augustus die wedstryd tussen die SWD-Arende en die Luiperds in die Curriebeker se Eerste Liga behartig het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Skeidsregter  |  Blaser  |  Aimee Barrett-Theron  |  Toetsrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.