Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Al 3 Barrett-boeties op All Blacks se bank

Richie Mo’unga blyk steeds die All Blacks se voorkeur-losskakel te wees.

Mo’unga is weer op nr. 10 gekies met die superster Beauden Barrett op die plaasvervangersbank vir Nieu-Seeland se eerste Bledisloebeker-toets teen Australië Saterdag in Auckland.

Beauden Barrett en Jordie Barrett sit Saterdag saam met hul boetie, Scott Barrett, op die All Blacks se plaasvervangersbank vir hul kragmeting met die Wallabies. Foto: Getty Images

Barrett het ook op die bank gesit vir die All Blacks se vorige toets teen Fidji in Hamilton verlede maand. Hy tel saam met sy twee broers, die agterspeler Jordie en slot Scott, onder die plaasvervangers.

Ian Foster, die All Black-afrigter, het ook besluit om die losvoorspeler Shannon Frizell te pos nadat hy op aanklagte van aanranding in die hof verskyn het.

Hy het op die bank gesit tydens die Fidji-toets in Hamilton. Hy het verlede week in die distrikshof in Dunedin verskyn op twee aanklagte dat hy ’n vrou aangerand het en een van algemene aanranding ná ’n voorval by ’n kuierplek in Mei.

Hy het ’n verskoning uitgereik nadat hy ’n ooreenkoms met die regter aangegaan het omdat dit sy eerste oortreding is. Hy sal met die polisie saamwerk om aanspreeklikheid vir die voorval te aanvaar sonder om ’n misdaadrekord te kry.

Die slot Brodie Retallick begin Saterdag langs die kaptein, Sam Whitelock, met Scott Barrett op die bank.

Ardie Savea begin op agtsteman, met Dalton Papalii op steelkantflank.

Die skrumskakel Aaron Smith sal sy 100ste toets speel in die All Blacks se strewe om hul segetog van 35 jaar teen die Wallabies op Eden Park voort te sit.

Nieu-Seeland is al sedert 2003 die houers van die Bledisloebeker.

“Die beker is nie ons s’n nie, ons moet uitgaan en dit weer wen,” sê Foster.

All Blacks: Damien McKenzie, Sevu Reece, Anton Lienert-Brown, David Havili, Rieko Ioane, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Ardie Savea, Dalton Papalii, Akira Ioane, Sam Whitelock (k), Brodie Retallick, Nepo Laulala, Codie Taylor, George Bower. PLAASVERVANGERS: Dane Coles, Karl Tu’inukuafe, Angus Ta’avao, Scott Barrett, Luke Jacobson, Brad Weber, Beauden Barrett, Jordie Barrett.

Meer oor:  All Black  |  Toetsrugby  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.