Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alberts op slot om Leeus meer woema te gee
EW Viljoen bars oor vir ’n drie in die Leeus se oefenwedstryd teen die Pumas verlede week op Ellispark. Hy gaan heelagter speel teen die Haaie. Foto: Gallo Images

’n Hele paar interessante keuses kenmerk die Leeus se span vir Vrydagaand se rugbywedstryd teen die Haaie op Kingspark in Durban.

Boaan die lys is die voormalige Stormers-senter EW Viljoen wat as heelagter ingespan word. Dit is ’n posisie wat hy laas op skool gespeel het toe hy die aandag op hom gevestig het by Grey-kollege in Bloemfontein.

Dan het die puik vertoning wat die skrumskakel Dillon Smit gelewer het toe hy voorverlede week as plaasvervanger teen die Stormers diens gedoen het, nie ongemerk verbygegaan nie en is hy die kaptein, Elton Jantjies, se skakelmaat.

“Dillon weet presies hoe ons wil speel en dit is nou sy beurt om te wys wat hy kan bied,” sê Ivan van Rooyen, die hoofafrigter.

Willem Alberts op die oefenveld in Johannesburg. Dié Springbok-losvoorspeler gaan Vrydag slot speel teen die Haaie. Foto: Gallo Images

Voorlangs is die agttal ook meer oemf gegee met Willem Alberts wat as slot gekies is, terwyl daar twee nuwe stutte – Carlu Sadie en Sti Sithole – is.

Van Rooyen het die keuse van Viljoen as heelagter verwoord deur te sê hy is iemand wat ’n natuurlike aanvoeling het vir die bal.

“Hy beskik ook oor ’n goeie regtervoet, is baie veelsydig en met sy lengte kan hy ook goed onder die hoë bal inkom,” sê Van Rooyen.

Die afrigter het ook Alberts se fisiekheid geloof en hoewel hy toegee dat Alberts op sy terugkeer na sy eertydse tuisveld, die Haaitenk, dalk nog nie reg is om ’n volle 80 minute te hou nie, is dit ongelooflik om hom in die opset te hê.

“Willem se krag sal ons nooit kan seermaak nie, veral teen ’n sterk agttal soos die Haaie sal dit nodig wees. Met hom agter Carlu (Sadie), sal dit vir Carlu rustig hou voor elke skrum,” sê Van Rooyen.

Willem se krag sal ons nooit kan seermaak nie, veral teen ’n sterk agttal soos die Haaie sal dit nodig wees. Met hom agter Carlu (Sadie), sal dit vir Carlu rustig hou voor elke skrum.
Ivan van Rooyen

“Carlu is een vir die toekoms en op die bank het ons vir Wiehahn (Herbst), wat ook al in Europa gewys het waaroor hy beskik,” sê hy.

Daar is tien plaasvervangers aangewys, maar slegs agt van hulle kan gebruik word en Van Rooyen sê hy wil hom eers vergewis van die weersomstandighede Vrydagaand in Durban voordat hy besluit of daar vyf voorspelers en drie agterspelers gebruik word, of eerder ses en twee.

Die nuwe senter-kombinasie is die gewese Bulle-kaptein Burger Odendaal en Dan Kriel met Van Rooyen wat sê dié kombinasie kan die spesifieke plan wat hulle het goed komplimenteer.

Dit is dus duidelik dat gevoel word die Haaie gaan baie krag in die middelveld gebruik en daarom is hierdie twee groter senters ingespan.

Len Massyn is ook op agtsteman gekies om nog meer stukrag aan die Leeus se voorhoede te gee.

Die Leeus is:
EW Viljoen, Jamba Ulengo, Burger Odendaal, Dan Kriel, Rabs Maxwane, Elton Jantjies (k), Dillon Smit, Len Massyn, Vincent Tshituka, Jaco Kriel, Marvin Orie, Willem Alberts, Carlu Sadie, Jaco Visagie, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Wiehahn Herbst, Wilhelm van der Sluys, MJ Pelser, Hacjivah Dayimani, Morné van den Berg, Gianni Lombard, Wandisile Simelane, Ruan Dreyer.
 
Meer oor:  Willem Alberts  |  Ivan Van Rooyen  |  Johannesburg  |  Rugby  |  Superrugby Unlocked  |  Leeus  |  Stut  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.