Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alberts sak straks op 8 teen Stormers

Die oud-Springbokflank Willem Alberts kan sy terugkeer tot Super-rugby in die komende naweek teen die Stormers maak.

Alberts, wat verlede week uiteindelik sy kontrak met die Leeus gesluit het, was nie gister in aksie vir die Leeus in hul 27-20 oorwinning oor die Queensland Reds nie.

Willem Alberts.

Maar met die Leeus-afrigter, Cash van Rooyen, wat erken daar “is baie wat reggemaak moet word”, kan Alberts al die komende naweek ingespan word.

“Ons sal sien hoe hy Maandag en Dinsdag by die oefening vertoon. Dit sal lekker wees om hom te kan kies, veral vir sy ervaring. Ons weet hoe goed die Stormers-pak is en dit sal miskien help,” het Van Rooyen gesê.

Die Leeus-afrigter was verlig om sy eerste oorwinning in Super-rugby te smaak, al het die Leeus by tye baie gesukkel, al het hulle veel meer balbesit as hul teenstanders gehad.

“Ek is verlig, ons het hard geveg, en daar is duidelik baie waaraan ons nog moet werk. Daar wag nog baie werk op aanval en verdediging op ons, maar dit is darem ’n stappie vorentoe vergeleke met die uitslag in Suid-Amerika,” het hy erken.

“Hulle (die Reds) is ’n span wat baie goed in die vaste fasette is en laasweek teen die Brumbies het hulle dit gewys. Hulle kan jou ontwrig en dit was nat, wat alles nog moeiliker vir ons gemaak het.

“Dit is egter meer ’n geval dat ons nog nie genoeg tyd saam gehad het nie.”

Van Rooyen het veral baie lof gehad vir die vleuel Tyrone Green, wat twee keer gaan druk het.

“Tyrone het goed gespeel. Hy het daardie X-faktor, so as hy die bal kry in spasie, gebeur daar altyd iets.”

Maar Van Rooyen erken die span sal moet verbeter as hulle die Stormers wil klop.

“Teen die Stormers sal ons veel beter moet wees. Beter op die aanval, beter op verdediging en beter in die vaste fasette.”

Die Reds-afrigter, Brad Thorne, was ook teleurgesteld dat sy span nie die wedstryd kon deurtrek nie.– Brenden Nel

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Willem Alberts  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.