Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alberts volgende week by die Leeus
Willem Alberts sluit aanstaande week by die Leeus aan.Foto: Gallo Images

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Willem Alberts sluit hom aanstaande week by die Leeus se rugbyspan in Johannesburg aan.

Hy sal dan mediese toetse moet slaag voordat sy kontrak afgehandel word.

Netwerk24 het verlede maand reeds berig dat die Leeus hul visier op dié 35-jarige veteraan het.

Alberts, wat sy provinsiale loopbaan by die Leeus begin het voordat hy na die Haaie toe is, het die laaste paar jaar sy rugby by die Franse klub Stade Francais in Parys gespeel.

Hy het in sy laaste wedstryd daar ’n boarm-besering opgedoen en hy sal die Leeus nou eers moet oortuig hy het daardie besering afgeskud voordat hy gekontrakteer sal word.

Al het Alberts meeste van sy internasionale rugby op flank gespeel, blyk dit dat hy by die Leeus grootliks as agtsteman oorweeg sal word, met Warren Whiteley se Super-loopbaan wat kortgeknip is weens ’n kniebesering.

Nog een van die Leeus se beseerdes, die belowende jong losskakel Gianni Lombard, sal eers teen Maart oorweeg kan word.

Ons funksioneer as ’n groep en nie as individue nie. Ek het die volste vertroue in almal betrokke.
Rudolf Staeuli

Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof, sê hy is opgewonde oor die komende seisoen en is tevrede dat die spelers baie hard voorberei in die afseisoen.

“Ons funksioneer as ’n groep en nie as individue nie. Ek het die volste vertroue in almal betrokke,” het hy gesê.

Benewens Alberts sal daar vroeg in die nuwe jaar spelers van buite die unie by hulle aansluit.

Die Leeus se Super-seisoen begin op 1 Februarie in Buenos Aires met ’n kragmeting teen vanjaar se naaswenner, die Jaguares.

Daarna keer hulle terug huis toe vir ’n tuiswedstryd op Ellispark teen die Reds van Australië (8 Februarie) en ook ’n plaaslike stryd teen die Stormers (15 Februarie), voordat hulle op hul Australiese toer vertrek.

Jannie du Plessis

Daar sal hulle die Waratahs in Sydney, die Rebels in Melbourne, die Blues in Auckland en die Highlanders in Dunedin die stryd aansê.

Straeuli sê hy is bly die span toer vroeg oorsee, aangesien die weer in Nieu-Seeland dan nog nie so koud is nie.

“Dit gee die span ook die kans om vroeg in die reeks as ’n eenheid saam te snoer wanneer hulle op hul maand lange toer is,” sê hy.

Indien Alberts se kontrak afgehandel word, sal hy en die oud-Bokstut Jannie du Plessis (37) die senior staatsmanne in die Leeus se groep wees.

Meer oor:  Willem Alberts  |  Jannie Du Plessis  |  Johannesburg  |  Superrugby  |  Rugby  |  Leeus  |  Oud-Springbok  |  Veteraan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.