Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Alexander, Davids klou vas by Saru
Mark AlexanderFoto: Gallo Images

Lindsay Mould van die Vrystaat en die Mpumalanga Rugbyunie se Hein Mentz is die nuwe besems op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende raad.

Die pogings om Mark Alexander en Francois Davids – onderskeidelik die president en adjunkpresident – uit die kussings te lig, het egter op Vrydag se jaarvergadering in Nuweland, Kaapstad, misluk.

In die stryd om die hoogste pos het ’n oorweldigende meerderheid van die 12 provinsiale unies wat stemgeregtig was, vir Alexander bo die Luiperds Rugbyunie se André May verkies.

Davids het die Griffons se dr. Jan Marais getroef.

Mentz en Mould vervang vir Vivian Lottering en Boet Fick as bykomende lede.

Die unies was ook behoudend toe dit by mosies vir wysigings aan Saru se grondwet kom.

Seker die grootste skok was dat die grondwetlike wysiging om ’n derde afgevaardigde na Wêreldrugby te stuur in die stof gebyt het. Dit sou vir Saru vroueverteenwoordiging en ’n ekstra stem by Wêreldrugby gegee het.

Hein Mentz
Lindsay MouldFoto: Gallo Images

Mentz het kapsie gemaak dat die korrekte prosedure nie gevolg is deur die mosie ter tafel te lê nie. Van die unies het eers vroeër vandeesweek daarvan te hore gekom. Saru se grondwet vereis dat 60 dae se kennis gegee moet word.

Van die ander unies was ook bekommerd oor prosedure en die uiteinde is dat dit uitgestel is sodat die korrekte prosedure gevolg kan word.

Die Blou Bulle het vir die tweede jaar agtereenvolgens ’n mosie onttrek wat die grondwet sou wysig sodat buitepartye ’n aandeel van 100% in unies se sakevleuels kan bekom. Tans is die maksimum ’n aandeel van 74%.

Nietemin is ’n moontlikheid van ’n grondwetlike wysiging in daardie verband nie van die baan nie. Saru se uitvoerende raad werk aan ’n soortgelyke mosie wat in die komende maande ter tafel gelê kan word.

Soos verwag, was Saru se benarde finansiële posisie ’n druk besprekingspunt.

Daar is onder meer kommer uitgespreek oor die bedrag van sowat R90 miljoen wat betaal is aan Myplayers vir die beeldregte van Suid-Afrika se beroepspelers.

Ook die gevierde rugbymuseum in die V&A Waterfront gaan dalk in die stof moet byt om geld te kan bespaar.

Ook die gevierde rugbymuseum in die V&A Waterfront gaan dalk in die stof moet byt om geld te kan bespaar.

Alexander het ná die vergadering gesê daar sal met moontlike kommersiële vennote en die regering oor die museum se toekoms gepraat word.

“Die laaste ding wat ons wil doen, is om die museum se deure te sluit, maar as die las te erg raak, sal ons moet.”

Oor sy herverkiesing sê Alexander Saru het onder hom met ’n proses begin om op die regte koers te kom en hy wil dit enduit neem.

“As daar nou nuwe ampsdraers was, sou ons als verloor het wat reeds in plek gesit is. Ek dink ons het die skip omgedraai. Ons het goeie borge bygekry,” sê hy.

Meer oor:  Mark Alexander  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Verkiesing  |  President  |  Sa Rugbyunie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.