Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black Ben het heimwee oor Superrugby

Vir die voormalige All Black Ben Smith was die Superrugby-reeks die ideale geleentheid om hom teen Suid-Afrikaanse spelers te meet – iets wat hy hoop nie vir altyd verlore is nie.

Deesdae speel Smith (34), ’n veelsydige agterspeler, sy rugby in Japan.

Ben Smith sit in 2016 in Dunedin af op ’n lopie in ’n Superrugby-kragmeting tussen die Highlanders en Leeus. Foto: Getty Images

Maar dit was in sy geboorteland, vir die Highlanders, ’n span wat hy meer as 150 keer verteenwoordig het, waar hy meen hy as speler gevorm is.

“Die heeltyd wat ek Superrugby gespeel het, was dit altyd ongelooflik om jouself teen die Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne te toets,” sê Smith volgens stuff.co.nz.

“Om Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië en Argentinië in die kompetisie te hê, het ook verskillende perspektiewe gebring omdat hulle (die lande) almal verskillend rugby speel.

“Ek weet ook met die Sunwolves van Japan, was dit (die Superreeks) ’n belangrike deel van die ontwikkeling van rugby in daardie land. Ek hoop ons kan in ’n stadium weer daarna terugkeer.

“As ’n speler het ons altyd daardie wedstryde teen die Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne geniet,” sê hy.

As ’n speler het ons altyd daardie wedstryde teen die Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne geniet.
Ben Smith

Smith, wat die All Blacks in 84 toetse tussen 2009 en 2019 verteenwoordig het, se uitspraak volg nadat die Superrugby-reeks die laaste paar maande ongekende veranderings ondergaan het.

Die vier Suid-Afrikaanse spanne wat daaraan deelgeneem het, die Leeus, Bulle, Stormers en Haaie, het intussen ’n tuiste in die Noordelike Halfrond gevind. Hulle sal later vandeesmaand in die nuwe Reënboogbeker-reeks begin speel.

In Nieu-Seeland speel die land se spanne deesdae in hul eie plaaslike Superrugby-reeks, Aotearoa, terwyl die Aussie-spanne ook teen mekaar in hul eie reeks meeding. Die twee lande se Superrugby-spanne sal dan in Mei teen mekaar begin speel.

Maar die Springbok Willie le Roux, wat ook sy brood in Japan verdien, meen die status quo is nadelig vir spelers se ontwikkeling. Die laaste paar maande het die Suid-Afrikaanse spanne uitsluitlik teen mekaar gespeel.

“Die spelers (in Suid-Afrika) moet nou elke week teen mekaar speel. Ek dink hulle sou veel eerder teen die Aussies en All Blacks wou speel,” sê Le Roux.

“Dit is nou basies elke week proewe. Ek het ook die Nieu-Seelandse Superrugby gevolg. Dit is moeilik vir die ouens om elke week teen mekaar te speel.” – Sportredaksie

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Ben Smith  |  Superrugby  |  Nieu-Seeland  |  Willie Le Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.