Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black op Kiwi-wenslysie vir Spele
Caleb Clarke in aksie vir die All Blacks teen Argentinië met ’n kragmeting van 2020 se Drienasiesreeks in Sydney, Australië.Foto: Getty Images

Die gevaarlike All Black Caleb Clarke is op die ringkoppe van die Nieu-Seelandse sewesrugbyspan se wenslysie vir die Olimpiese Spele.

Luidens ’n berig op Stuff.co.nz word daar gehoop dat Clarke (22), wat vir die Blues in die Aotearoa-reeks diens gedoen het, hom die komende week by die Kiwi’s kan aansluit waar hulle voorberei vir ’n toernooi later vandeesmaand.

Clarke is ’n vleuel in die langer weergawe van die spel en het sy land ook voorheen in die korter weergawe van die spel verteenwoordig.

Jonah Lomu. Foto: Argiewe

Hy was verlede jaar verwoestend met die bal in die hand vir die All Blacks en in sommige mediakringe is hy toe met die legendariese Jonah Lomu vergelyk.

Nieu-Seeland en Australië se mans- en vrouespanne gaan van 21 tot 23 Mei mekaar die stryd aansê, met van die wedstryde wat straks op Eden Park in Auckland beslis kan word.

Die wedstryde sal help om die spanne te slyp vir die Olimpiese Spele, wat op 23 Julie in Tokio begin.

Wat Wêreldrugby se sewesreeks betref, is Nieu-Seeland se manspan sonder twyfel die suksesvolste – die span spog immers met 13 reeksoorwinnings. Maar by die Spele in 2016 is die Kiwi’s in die kwarteindronde deur Fidji uitgeskakel.

Ook die Britte gaan later vandeesmaand slypkans teen internasionale mededinging kry wanneer hulle teen Amerika en Ierland te staan kom.

Brittanje se mans was die naaswenner by die vorige Spele in 2016, waar hulle in die eindstryd teen Fidji verloor het.

Die Engelse Rugbyunie het in ’n verklaring aangekondig dat die toernooi van 15 tot 17 Mei in Burton upon Trent in Staffordshire beslis sal word.

Die Engelse Rugbyunie het in ’n verklaring aangekondig dat die toernooi van 15 tot 17 Mei in Burton upon Trent in Staffordshire beslis sal word.

Brittanje se vrouespan sal ook daar in aksie wees en met Ierland en Frankryk kragte meet.

Amerika, wat hom die laaste paar jaar onder die wêreld se voorste sewesspanne gevestig het, was vroeër vanjaar in twee toernooie in Madrid in aksie.

Die Blitsbokke neem tans saam met onder andere die nasionale spanne van Kenia, Uganda en Zimbabwe deel aan ’n toernooi in Stellenbosch om hulle te slyp vir die Spele. – Sportredaksie

Meer oor:  Jonah Lomu  |  Caleb Clarke  |  Nieu-Seeland  |  All Blacks  |  Sewes  |  Kiwi's  |  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.