Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black Frizell sê jammer ná hofverskyning
Shannon Frizell neem in Junie in Auckland aan ’n oefensessie van die All Blacks deel. Foto: Getty Images

Die All Black-losvoorspeler Shannon Frizell het om verskoning gevra nadat hy Dinsdag in Dunedin in die hof op drie aanklagte van aanranding verskyn het.

Die saak spruit uit ’n voorval in ’n plaaslike nagklub in Mei en twee van die aanklagte teen die 27-jarige Frizell is vir die beweerde aanranding van ’n vrou.

Hy is nie gevra om te pleit nie en aangesien dit sy eerste oortreding is, het die regter beslis dat hy onder meer beradingsessies moet bywoon. Hy sal sy samewerking aan die polisie moet gee en sal dan nie ’n misdaadgeskiedenis hê nie.

Frizell, ’n Tongaan van geboorte, het die buite die hof ’n verklaring uitgereik.

“Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om te sê hoe jammer ek is vir my gedrag in die voorval in Mei vanjaar.

“Ek wil veral die twee mense wat betrokke was, verskoning vra en ook vir die skade wat ek aangerig het,” het Frizell gesê.

“Ek het myself en ook ander in die steek gelaat, en sal nou alles in my vermoë doen om mense se vertroue in my te herstel. Ek het reeds ’n plan van aksie om met behulp van beraders aan sekere aspekte van myself te werk.”

Borgtog is toegestaan aan Frizell en hy is beveel om nie alkohol te gebruik of enige van die slagoffers voor sy volgende verskyning in September te kontak nie.

Frizell het in die All Blacks se onlangse toetse teen Fidji diens gedoen en is ook in die groep vir die Rugbykampioenskap later vanjaar. – Reuters

Meer oor:  Aanranding  |  Toetsrugby  |  All Blacks  |  Shannon Frizell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.